‘n Spogskool in die Wes-Kaap het sommige diereliefhebbers die josie in. Mense vanoor die wêreld het reeds ‘n aanlynpetisie onderteken waarin hulle Paul Roos-Gimnasium vra om sy beoogde jagkompetisie te laat vaar.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
Paul Roos, julle het my volle ondersteuning. Die rede hoekom hierdie diere geteel en aangehou word, is om hulle te eet.
Paul Roos Gimnasium – stuur die klaers in hul peetjie. Hulle het geen idee waarom dit gaan nie. Gaan gerus onverstoord voort met jul kompetisie want daar is vele wat julle poging ondersteun.
Agge nee, regtig. Pleks mense ‘n bohaai opskop oor dinge wat wèrklik onaanvaarbaar is. Hoekom stel hulle nie eerder ‘n petisie op teen munisipaliteite wat nie bevoeg is om hul werk te kan doen nie?
Wat is fout daarmee as dit wettig is en beheer word deur die jagvereniging go for it. Die mense moet eerder hulle tyd en geld spandeer op renoster stropery en ophou kretiseer. Klomp paloekas
Die vrou wat kommentaar gelewer het is seker vegetariër. Weet sy hoe word diere geslag by slagpales maar sy kwêk en kla nie daaroor nie. Party mense lyk my of die IK negatief is. Paul Roos 100 uit 10 gaan groot en gaan voort.
Jag is al donkiejare ‘n bron van inkomste in RSA, met buitelanders wat hier kom jag. Waarom wend julle nie eerder julle energie aan om die geweld en moorde in die land aan te spreek en mors dit op iets so onnodig soos jag nie, of is dit dat julle enigiets sal doen om in die kollig te wees…..