‘n Hawelose man van Kaapstad se goeie daad het sy lewe handomkeer verander.
Die man wat net as “Boer” bekend wil staan, het nou met ‘n tydelike werk begin.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.
“Boer” God seën mense soos jy.
Lank lewe geregtigheid.
Kan nie die insetsel sien nie. Dis jammer………
kan Gertjie vir ons vertel wat is in die insetsel?
Daleen, Ek het gisteraand die berig op TV gesien. Boer het n beursie met R500 en selfoon opgetel en besluit om die eienaar op te soek. Boer se hyt gevoel die Here toets hom. En as hy die geld hou weerhou hy dalk die persoon se familie van kos. Dit was mooi storie. En ek het weereens besef om nie mense te oordeel oor hoe hulle lyk nie. Of waar hulle woon nie, daai man wat op straat woon het meer integriteit as baie “grand ” mense wat ek ken.
In jou opvolgende sin oordeel jy die “grand” mense. Huh?
Besluit tog oor jou eie integriteit.
Ek het laas week ‘n video gekyk van ‘n man wat maak of hy blind is en dan vra hy vir mense of hulle kleingeld het vir 5 Pond, maar dan gee hy eintlik vir hulle 50 Pond. Die hawelose mense is altyd eerlik, daarna vrouens, meeste is die mans wat probeer wegkom daarmee. Hehehe
‘Boer’ stel n voorbeeld aan alle Suid-Afrikaners. Leef eerlik en opreg en jou pad sal gelyk gemaak word. Hy is voorwaar n lewense getuienis van God se belofte .