Die Suid-Afrikaanse wynbedryf het deesdae selfs strenger maatreëls om die vervalsing van die land se spogwyne te voorkom.
Dit volg na ‘n reeks internasionale voorvalle waar namaaksels van wêreld- bekende wyne in die buitelandse mark beland het. Die Kaapse Wynmakersgilde het vanjaar om dié rede by die jaarlikse wynveiling ‘n sekuriteit- strokie op elke wyn aangebring, om só die egtheid van die wyne te waarborg.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.