Video: Talle buitelanders se winkels in Soweto geplunder

Een van die winkels wat deurgeloop het. Foto: ANA

Sewe mense is Woensdagaand op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem nadat talle winkels, wat aan buitelanders behoort, in Soweto geplunder is.

Dié plundertog het oornag in dele van Soweto soos Zola, Emdeni, Moletsane, White City, Zondi en Rockville plaasgevind.

Talle inwoners het kruideniersware uit winkels gegryp waarna sommige met die buit te voet laat spaander het terwyl ander dit in motors gelaai en weggejaag het.

Daar word beweer die plundery is ʼn vorm van vergelding oor die voorval op 1 Augustus toe die polisie en buitelanders in die Johannesburgse middestad slaags geraak en die polisie onttrek het “om bloedvergieting te voorkom”.

Die Gautengse premier David Makhura het die voorval ten sterkste veroordeel en geëis dat meer oortreders in hegtenis geneem word. “Die misdadigers wat buitelandse eienaars se winkels geplunder het onder die voorwendsel van wraak teen die polisie moet in hegtenis geneem word. Die polisie is besig om misdaad te beveg ongeag die motief,” het Makhura gesê.

Die winkel ná die plundertog. Foto: ANA

Die polisie monitor sedertdien die situasie terwyl buitelandse winkeleienaars gisteraand vir hul veiligheid na verskeie polisiestasies oor die hele Soweto geneem is.

“Ek moet die polisie gelukwens dat hulle vinnig opgetree het en die veiligheid van winkeleienaars en sommige van hul besittings verseker het,” het Makhura gesê.

Kgosientsho Ramokgopa, lid van die provinsiale uitvoerende raad vir ekonomiese ontwikkeling en landbou, was vanoggend op pad na Soweto.

Ramokgopa het gesê die geweld is weens woede oor die swak ekonomie en werkloosheid.

“Daar word beweer dat die inwoners buitelandse eiendom plunder en winkeleienaars aanval as ʼn vorm van vergelding teen die polisie se operasie twee weke gelede in die Johannesburgse middestad,” het hy gesê.

Ramokgopa het vanoggend gesê hoewel dit maklik is om die situasie as xenofobie te bestempel, moet ʼn krimpende ekonomie wat mense uit hul werk dwing eerder die skuld kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Piet ·

Snaakse wêreld van ons. Regering kan/wil nie die toeloop keer nie. Me N Zuma het na haar verblyf by Afrika Unie gesê grense moet waai.
Buitelanders dra in somminge gevalle by tot ekonomie. Ander vlug uit hulle lande van herkoms presies vir die toestande soos ons ondervind. Van ons “locals” hou nie van dié soort produktiewiteit.
Só die standaard Suid Afrikaanse oplossing – protesteer en brand af. Hoe nóu?

Strandloper ·

So…my buurnan word deur die polisie gevang oor bedrog…nou is ek vies vir die polisie en plunder my buurman se huis… Whow nou het ek alles gehoor!

HPV ·

Mens moet seker maar hul redenasie asook verstandelike vermoëns in ag neem.

Alex ·

Nee Strandloper. Jy het dit verkeerd. My buurman se landgenote wat bedrog pleeg, jaag die polisie weg, nou is ek vies vir die buurman en plunder sommer sy huis…
Is dit nie maar wat ons almal wil doen nie?

humor ·

Maklik hulle het mos n land waarheen hul kan teruggaan en beslis vir n beter lewe. Kan amper nie glo dat dit daar nie beter kan gaan nie

Wurmpie ·

Hulle maak die winkel skoon. Wat van al die gemors op die vloer?

Ben ·

En so gaan niemand meer in SA investeer nie. Zim hier is ons. Hierdie protes aksies word deur kriminele georganiseer sodat kriminele dade gepleeg kan word.

Ander Amelia ·

As ek luister na die klankgreep, hoor ek hoe hits die vrouens die strooptog aan. Dit is nou Ma’s van kinders. Goeie voorbeeld Mamma …. sies

Piet Badenhorst ·

Vergelding se voet.
Niks anders as Plundery nie… want hulle kom weg daarmee.
Net n ernstige konfrontasie tussen reg en verkeerd sal dit dalk stopsit.

thinus erasmus ·

Die buitelanders is in elk geval net hier om op ons te teer en dra hul winste in elkgeval terug buurlande en Ooste toe. Dis hoekom ons land nie meer groei ons word droog ge-parasiteer!

Jimmy ·

Die buitelanders is hier want plaaslikes is te useless om iets te doen. Hulle wil net hê sonder om te werk.

jaco ·

Ek twyfel of hulle daardie winste terugvat na hulle lande van herkoms. daardie winste word eerder gebruik om die HELE extended family ook na SA te laat kom en uiteindelik bly en bly en bly hulle almal maar net.

Cherokee ·

Dit is Afrika-lojaliteit. Hulle is lojaliteit verskuldig aan Afrika, wat hulle gehelp het om die land Suid Afrika uit Westerse hande te roof en dit deel van Afrika te maak. Dit mag ook die oorweging wees vir die wegdoen met grense. Hul terugbetaling aan Afrika is roof en plundering.

Jerry ·

Piet sorry my ou maat, maar konfrontasie vererger net die wraak wat na die plundery kom. Jy het mos nou al gesien hoe verwoes hulle n hele plattelandse dorp as hulle gekonfronteer word en dit terwyl Afriforum daar is. Daarom moet gemeenskappe in stedelike en voorstedelike gebiede saam met wetstoepassers noual hulle buurte, strate en winkelsentrums terugvat en groot vreemdeling getalle uithou anders is ek bevrees sal plundering in die toekoms ook in voorstedelike gebiede begin voorkom terwyl die polisie ook net sal kan staan en toekyk om konfrontasie te vermy!

marous ·

Al ooit gewonder hoekom die sjinese winkels nie geplunder word nie ?

Hanna Hoekom ·

Vreemd dat die buitelanders finansieel so goed in Suid-Afrika vaar? In elke township word die winkels deur buitelanders besit. Hierdie mense sien duidelik n geleentheid en gryp hom aan! Maar ons eie “gemeenskappe” is heeltemal te lui om te werk. Staan eerder in n Sassa-ry as wat hulle n besigheid begin! Die bakhand-kultuur gaan nog die einde van Afrika beteken.

Anel ·

In ons oy voorstadjie neem die moslems en pakistanies oor. Besit omtrent al die winkels. Het tot die slaghuis wat al hoelank hier is gedwing om nie meer varkvleis te verkoop nie. Toe skuif die slaghuis maar. Ek ondersteun ook nie hul besighede nie. Ry maar eerder na ander buurt vir wat ek benodig. Maar so is hulle al klaar in ons buurte en wil voorskryf.

humor ·

Amelia dit is so wonderlik dat jy saam met my stem. My wederhelf is so selde eenstemmig met my.

George in Bloem ·

Enige ou lamsakkige verskoning vir ‘n lekker plundertoggie in die middel van die maand. Natuurlik terwyl ons skerp en uiters paraat polisiemag die hele gedoente monitor. Jy weet hulle wil nie graag konfrontasie veroorsaak en aanstoot gee nie so ek verstaan. Viva man viva.

Hans ·

Daar is boere wat eerder van buitelanders gebruik maak want hulle werk baie harder as hierdie klomp!! Nou wonder mens….

Johan ·

Hans, dis ons probleem. Ons MAG nie buitelanders in diens neem nie, dit vererger net ons situasie. Hoekom wil die buitelanders vir die gehate wit man kom werk? In hulle eie lande van herkoms, is alle wit eindom en bates gekonfiskeer en vernietig, maar ons neem hulle in diens!

Dit ‘n bewese feit dat ons van die luiste en onbekwame werksmag besit, maar daarmee kan ons plan maak. Wat ek egter nie kan verstaan is dat boere aan Zimbabwiërs werk gee nie? Hulle het hul eie land totaal gestroop, die boere weggejaag, maar nou kom soek hulle by ons werk…….eish, en ons gee maar weer! Waar’s ons trots, ons patriotisme?

Haan ·

Johan, kom ek sê vir jou wie is die luiste van almal: ONS is, Want ons is nie bereid om ons eie “vuil” werk te doen nie. Later word ons die dienaars en die arbeiders swaai die septer, want ons het van hulle afhanklik geword. Tot dit nie verander nie gaan dit net slegter gaan. Juis hoekom ek my hoed vir plekke soos Orania afhaal.

Maxi ·

Ek kry die buitelanders baie jammer aan die skade wat hul gelei het. Hul werk hard en sien geleenthede in ons land raak om suksesvol te wees, wat ons eie mense nie raaksien nie. Vir my maak dit nie saak of hul geld huistoe stuur nie. Hul staan ten minste nie bakhand nie. Ons mense wil net he en he en niks of die minimum werk doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.