Die liggame van vier babas is in ʼn vrieskas in New Brighton, Mthatha in die Oos-Kaap, gevind.
“Die polisie het Saterdag ʼn wenk ontvang en moes by die huis inbreek, omdat die eienaar nie tuis was nie,” het kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Vier pasgebore babas is in die vrieskas gevind.
Huurders wat agter in die erf bly, het aan die polisie gesê die eienaar van die huis is in Johannesburg waar sy ʼn begrafnis bywoon.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisie stel ondersoek in.
Ons wêreld word sieker by die dag….
. . . en vrotter.
…..oor een groot rede, en almal weet wat dit is! Maar sjjjjjj!! Ons mag nie praat nie!