Vier dood ná twee vragmotors bots

Die vragmotors het aan die brand geslaan (Foto: Verskaf)

Vier mense is dood toe twee vragmotors vroeg Woensdagoggend op die N1 tussen Beaufort-Wes en Drie Susters in die Wes-Kaap reg van voor gebots en aan die brand geraak het.

Jandré Bakker, woordvoerder van die provinsiale departement van vervoer en openbare werke, sê die trompop botsing het kort na middernag plaasgevind.

Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie.

Dié gedeelte van die N1 was teen 06:00 vanoggend steeds vir motoriste gesluit terwyl die ongelukstoneel opgeruim is.

Een baan is tans vir motoriste oopgestel, maar Bakker het gewaarsku dat daar steeds vertragings is.

“Motoriste kan verkieslik die R61 deur Aberdeen en Graaff-Reinet as alternatiewe roete gebruik, waarna hulle die R63 kan neem om weer op die N1 te klim,” sê Bakker.

Die vragmotors in vlamme gehul (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Maggies ·

Dit is tragies. Wens dit op geen mens nie. Hoop en bid net dit veroorsaak nie nog veldbrande nie.

Derek ·

Nou onlangs van Kaap gereis na Noordkaap en dit is skokkend hoeveel swaar voertuie net nie respek het vir aankomende verkeer. Die spoed waarteen hulle ry en so word alle padreels verontagsaam. Die tyd toe die treindienste die diens verskaf het, het alles goed gewerk en baie min geld is gemors op instandhouding van paaie. Meer nuwe paaie kon gebou word, wie is in beheer van die land, die ANC en alliansie wie alles wat goed gewerk het vernietig het. Nie eens te noem van paaie binne munisipale gebiede nie, wat n gemors?

Gert ·

Derek jy slaan die spyker op sy kop.
Vragmotors bestuurders ry al net soos die taxi’s. Ek eis elke keer wanneer ek op ‘n snelweg in Gauteng ry, en die onnoselheid wat vragmotorbestuurders aanvang ervaar. Het ‘n paar jaar gelede in Europa met ‘n kampeer voertuig gereis en die dissipliene en gedrag van hulle swaarvoetuig bestuurders het heeltyd opgeval. Hulle hou in die stadige baan en steek slegs verby indien nodig en veilig. Sodra hulle verbygesteek het, beweeg hulle terug na die stadige baan.
Ek is bevrees dat spoorvervoer nie gou weer op dreef sal kom nie, dit is nie in die belang van die vragvervoer magnate en taxi eienaars nie.

My siening ·

Na middernag , wat soek hulle op die pad dis dan inperking van 12nag tot 4am. Waars daai behepte speedkops wat jou altyd bekruip by die ingang van B f w? Seker ook maar geslaap soos die res en trokke is verhewe bo die wet!

Cecilia ·

Swaar Voertuie moet maar weereens gestop word om te ry tussen 6nm en 6vm soos jare trug.
En ja ons word beperk van middernag tot 4vm maar d swaarvoertuie ry of daar geen beperkings is nie.

Gert Johannes ·

Verbasend hoeveel vragmotors dese dae in ongelukke betrokke raak, is dit onbevoeg, alkohol of gekoopte lisensies??@@?? ANC aanstellings van oor bevolkte en oorbtaalde onbevoegdes het spoorwee gesink en nou pluk hulle/ons die vrugte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.