Vier familielede in Oos-Kaap afgemaai

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Vier lede van een familie, onder wie twee tieners, is Donderdagaand in hul rondawel by Nyanisweni in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en die polisie het intussen ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur. Dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes betrokke was nie.

Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die slagoffers met skietwonde aan hul bolywe aangetref. Die slagoffers is intussen as Limasile Tshwane (60), Bulelani Tshwane (52), Nqobile Tshwane (15) en Unako Tshwane (15) geïdentifiseer.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê vier sake van moord word nou ondersoek.

Die provinsiale kommissaris, lt.genl. Nomthetheleli Mene, het die Valke opdrag gegee om die verdagtes so spoedig moontlik vas te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.