Vier mans het vandeesweek in die Olifantshoek-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige besit van nagenoeg agt olifanttande.
Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê die vier mans is Dinsdag op die N14 tussen Upington en Olifantshoek in hegtenis geneem.
Nkwalase het die mans geïdentifiseer as Jacob Kahaka (34), Pastor Bouletswe (35), Emmanuel Kabhae (38) en Albert Nosimongane (53).
Die saak teen al vier verdagtes is uitgestel tot 30 Oktober vir nadere ondersoek. Die verdagtes is beveel om in aanhouding te bly.
Julle bedoel seker onwettig besit.
Dagsê Ai tog
Dankie vir jou valkoog! Die woord is inderdaad “besit”. Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
besoek of besit???
Dagsê Adri
Dankie vir jou valkoog! Die woord is inderdaad “besit”. Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media
Hip hip hoera vir Olifantshoek SAPS, ons bly as kontrakteurs in die klein dorpie en dis lekkkkerrr hier.. Catch-a-Lot
Nogal gepas om op Olifantshoek in die hof te verskyn oor olifanttande. So ook dan op Lichtenburg as daar elektriese- krag of kabel gesteel word. Vir rioolbesoedeling sal ‘n munisipaliteit seker op Kakamas in die hof verskyn . . .