Vier ontsnap uit aanhouding

Die vier voortvlugtiges (Foto: SAPD Noordwes)

Die polisie in Hartbeesfontein in Noordwes doen ʼn beroep op lede van die gemeenskap vir inligting ná vier persone uit aanhouding ontsnap het.

Kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier het Saterdagoggend uit die polisieselle ontsnap. “Beamptes het ʼn roetine-selondersoek gedoen toe hulle besef die vier persone het ontsnap. Die polisie is tans besig met ʼn interne ondersoek om die omstandighede rondom die ontsnapping te bepaal.”

* Tebogo Monnamogolo (31) was in aanhouding op ʼn aanklag van residensiële roof
* Piet Sechele (26) was in aanhouding op ʼn aanklag van moord
* Tebogo Moloko (28) was in aanhouding op ʼn aanklag van sakeroof
* Ranthati Mothobi (50) was in aanhouding op aanklag van verkragting

“Lede van die gemeenskap word gemaan om nie te probeer om self die persone aan te keer nie, omdat hulle gevaarlik kan wees. Enigiemand met inligting word versoek om die naaste polisiestasie te kontak of kapt. Ananias Moleki by 082 416 0780.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoe de hel gebeur dit? Dis ook elke week se storie die dat mense ontsnap. Hoe gerieflik…

Anel ·

As daar gereëld selbesoek gebring is, sou so iets nie gebeur nie en dit is veronderstel om uurliks te wees. Hulle is of vrygelaat of die spul het gelê en slaap.

ES ·

Dit is nou al die hoeveelste geval van misdadigers wat uit die tronk ontsnap. Lyk vir my dit is regtig baie maklik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.