Vier ontsnap uit aanhouding

Neverdie Dyayani Baloyi

Die polisie in Hoedspruit in Limpopo het ʼn reusesoektog van stapel gestuur ná vier verhoorafwagtende gevangenes Sondag uit aanhouding ontsnap het.

Die vier mans het die middag deur die dak uit die aanhoudingselle by die Hoedspruit-polisiestasie ontsnap, het brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vier verdagtes is Jacky Frans Sekgobela (41), Neverdie Dyayani Baloyi (39), Vanrooi Pompi Khosa (36) en Wilson Letebele (31).

Volgens Mojapelo is die verdagtes baie gevaarlik. Mense moet dus nie probeer om hulle self vas te trek indien hulle gewaar word nie, maar eerder onmiddellik die polisie ontbied.

Sekgobela is op aanklag van huis- en sakeroof in hegtenis geneem. Hy word daarvan beskuldig dat hy talle misdade in Limpopo en Mpumalanga gepleeg het. Baloyi is op aanklagte van moord, verkragting, huis- en sakeroof in hegtenis geneem en word as uiters gevaarlik beskou.

Khosa staan op twee aanklagte van huisbraak en diefstal tereg terwyl Letebele in hegtenis geneem is vir huisbraak en -roof.

Mojapelo het gesê ʼn saak van ontsnapping uit wettige aanhouding word ondersoek. “Daar is ook ʼn ondersoek begin na die omstandighede rakende die voorval.”

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes word versoek om lt.kol. Rhulani Mabasa by 082 565 8253, kapt. Cobra Moriri by 082 573 4773, of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

Die polisie het drie van die verdagtes se foto’s beskikbaar gestel. ʼn Foto van Letebele was nie onmiddellik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Maljan ·

Teen watter muur het die eerste BEWEERDE ONTSNAPPER vasgeloop?

Hagar ·

Ek kan dit nog nooit verstaan dat gevangenis deur n dak kan breek en nie gehoor word nie.

E ·

Sien net ek dit : Neverdie – hy gaan hom misgis dink ek. Maar laat ons hoop die goeie karakters word vining gevang en in ‘n veiliger plek gebêre.

Sê maar net ·

Moet daar nie te alle tye foto’s geneem word as jy in hegtenis geneem word nie? En wie het die onduidelike foto’s geneem? Lyk asof dit ‘n bord is wat die ouens mee staan by die verkeersligte. Uiters swak. As jy ‘n uiters gevaarlike misdadiger in hegtenis neem, gaan jy sorg dat jy volledige inligting het rondom hulle en hulle selfs boei. Sodat hulle nie uitkom en dalk in jou familielede vasloop of selfs in jou vasloop nie. Ek wonder net altyd hoe belangrik is jou gesin en vriende vir jou as polisieman? En waar is die wagte wat by die selle moet diens doen? En as jy uit die dak gekom het, moet jy tog iewers afklim. Nee wat, die polisie slaap

Spike ·

Hierdie tipe is ons probleem in sa, en daar is miljoene van hulle.

SjN ·

Waar was die lede aan diens, ek laat my nie vertel die dak is saggies verwyder sonder om te hoor nie, inside job.

Antoinette Burger ·

Hoe gebeur dit dat daar omtrent elke week ‘n ontsnapping is. Een aand op Special Assignment gesien hoe maklik word bewaarders omgekoop om ‘n gevangene te laat ontsnap vir net R30 000.
Dalk is dit nog hulle wat die boere in Witrivier- en Nelspruitomgewing aangeval het. Hulle sit seker nou in Mosambiek of Zimbabwe. Stap mos net sommer oor die grens . Geen probleem.

Theresa ·

Ek stem Db. Maar regtig……..die ontsnap uit die dak, is ook nou al afgesaag. Kry julle aanhoudingselle en dakke in orde.

Mariaan ·

Bose gesigte!! En so lyk miljoene in ons land..hoe gaan daar OOIT vrede wees met so volk?? O nee..nag vir ons

Marius ·

Kry vir julle n aanhouding sel op die 20ste verdieping. Hulle is welkom om t spring.

Piet parys ·

As hulle so gevaarlik is moet daar mos beter sekuriteit wees. Slaap rustig polisie manne .

Stier ·

Manne lyk nie vriendelik nie. Seker maar boosheid wat deurslaan. Daar is nie redenasie hier nie net met die business end van ‘n 3-5-7.

JohanR ·

Hoekom soos in die VSA, het ons nie “bounty hunters” in Suid Afrika nie? As daar R500000 beloning vir die vier was, sou ons hulle almal gaan soek het!

JohanR ·

Seker al klaar op pad na ‘n plaas toe. Kan die mense op die plaas SA ‘n guns doen asseblief, en al vier dood skiet! Ek sal die Bells uitbring plaas toe……

Piet parys ·

As hulle so gevaarlik is moet daar mos beter sekuriteit wees. Slaap rustig polisie manne .

Boksies ·

Ag, wees tog positief en geduldig. Gun die viertjies darem ook ‘n kansie om deel van ons ‘one nation’ te wees. Hulle wou net uit kom om die bontebokkies te sien wen.

Michelle ·

Daar gaan nie hard gesoek word na die klomp nie. Jy kan nie deur ‘n dak kon sonder dat enige iemand iets weet nie iemand weet altyd iets. Die bewaarders in daardie blok moet aangekla word. Die sekuriteit is swak pateties.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.