Vier mense is Vrydag dood en twee beseer in ʼn botsing op die N4-snelweg by Witbank in Mpumalanga.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê twee voertuie was in die botsing tussen Schoongesicht en Ferrobank betrokke.
“Paramedici het net voor 09:00 by die toneel opgedaag en vier mense met noodlottige beserings aangetref. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Van Huyssteen gesê.
Een persoon is met ernstige beserings aangetref en was toe reeds in ʼn ambulans van ʼn ander nooddiens gelaai. Paramedici van albei nooddienste het die pasiënt gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.
Nog ʼn pasiënt het geringe beserings opgedoen en is ook na ʼn hospitaal geneem vir behandeling en waarneming.
“Die presiese omstandighede van die ongeluk was nie aan die paramedici bekend nie, maar die polisie was op die toneel en stel ondersoek in,” het sy gesê.
Mens is verbaas daar is nie meer ongelukke nie die paaie was afgryslik met die reen.
Nat pad en spoed ry nie graag saam . . .
SA padgebruikers van mees onbedagsaam ter wêreld. Ongeluksyfers sal bly styg. Geen benul van bestuur nie.