Vier vas wat sakeman glo by lughawe gryp

(Foto bloot ter illustrasie)

Vier verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle ʼn Indiese sakeman Vrydag, kort ná sy aankoms by die OR Tambo-lughawe, ontvoer het.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, dui voorlopige ondersoeke daarop dat ʼn sindikaat – wat voorgegee het dat hulle sakelui is – die man uit Indië na Suid-Afrika gelok het.

Nadat die man ontvoer is, het die verdagtes ʼn losprys van sy familie in Indië geëis.

ʼn Multidissiplinêre span bestaande uit beamptes van verskeie polisie-eenhede was by die ondersoek betrokke en die vier verdagtes is Dinsdag in die Fordsburg-omgewing in Johannesburg opgespoor.

Die polisie het beslag gelê op een vuurwapen, vier selfone, insluitend die een wat gebruik is om met die sakeman se familie in Indië te kommunikeer, verskeie SIM-kaarte en ʼn aansienlike bedrag geld wat vermoeddelik losprysbetalings is.

Die slagoffer se horlosie en rybewys is ook in hul besit gevind.

Die vier verdagtes sal Donderdag op aanklag van ontvoering en afpersing in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Die slagoffer is ongedeerd en ontvang berading.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Phillip ·

kry vir julle plaas hulle oor Indië toe seker hulle sal die straf daar geniet

Elméne ·

Ja ek stem want hier met die anc narre, sal hierdie outjies net ‘n tikkie oor die vingers kry (DALK) en vrygelaat word!!

JohanR ·

Daai OR Tambo is ;n nes. As ek kan dan vlieg ek liewer Lanseria, en dan gaan sit ek aan vir brekfes by Wisenhof……pap en mince….lekker.

Danie ·

In SA moet jy oop oe slaap en met oe agter jou kop n wag langs jou bed n prokureur by jou werk n dokter by die kerk en n sakeman met n lang lys kwalifikasies as jy besigheid wil doen.Sterkte in gangster paradise.

Lillian ·

Lyk soos Pakistanis, en seker ook onwettig in ons land. Pos hulle terug waar hulle vandaan kom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.