Vier wat glo mense smokkel bly agter tralies

Carlos Bernardo Guambe (links, bo), sy broer, Gabriel Bernardo Guambe (regs, bo), Cornelis Johannes Uys (links, onder) en sy seun, Cornelis Johannes Albertus Uys bly in aanhouding. (Foto’s: Verskaf)

ʼn Pa en seun van Suid-Afrika en twee Mosambiekse broers bly agter tralies.

Cornelis Johannes Uys (60) en sy seun, Cornelis Johannes Albertus Uys (23), is vroeër vandeesmaand saam met broers Carlos Bernardo Guambe (34) en Gabriel Bernardo Guambe (32) aangekeer op aanklag van mensehandel. Hulle het reeds een keer in die hof verskyn.

Die Gaumbe-broers staan ook tereg op ʼn aanklag van die oortreding van immigrasiewetgewing.

Die aanklagte teen hulle spruit uit ʼn gesamentlike operasie tussen die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad, die blitspatrollie en die departemente van onderskeidelik arbeid en binnelandse sake, waartydens 39 slagoffers, insluitend sewe vroue, nege kinders jonger as vyf en 23 mans ouer as 18, van ʼn plaas in die Dullstroom-omgewing gered is.

Die slagoffers is glo met ʼn taxi van Mosambiek na Suid-Afrika gebring vir werkgeleenthede.

By die grenspos moes hulle glo uitklim en die grens onwettig deur ʼn rivier oorsteek om in Suid-Afrika te kom. ʼn Taxi het hulle daarna na Mashishing (Lydenburg) geneem.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die Guambes het Maandag hul aansoek om borgtog laat vaar en die saak teen hulle is tot volgende week uitgestel sodat ʼn tolk aangewys kan word.

Hulle sal na verwagting dan ook op die aanklagte teen hulle pleit.

Borgtogverrigtinge vir die Uys-mans het begin, maar is ook tot volgende week uitgestel. Die saak word weer op 12 Julie hervat.

Die slagoffers is sedertdien na ʼn plek van veiligheid in eMalahleni (Witbank) geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lizanne ·

Ek weet nie hoe doen mens dit nie. Jy weet jy verkoop daai mens vir n walglike lewe wat voorle. Hoe slaap mens….

KatjieDeKat ·

Ek weet nie of hierdie die ultra bose tipe mensehandel is nie, ek glo nie. Ek glo die mense in hierdie geval het vrywillig gekom vir n beter lewe of werk hier. Maar dis in elk geval kriminele en offisieel verbode aktiwiteite waarmee hierdie 4 perde hul mee besig gehou het, so nou sit hulle maar.

Di ·

SKUIM van die aarde! Hoop hulle vrot in die tronk waar hierdie tipe hoort!

Witwax ·

My ma het altyd gesê , meng jou met semels dan vreet die varke jou op.

FC ·

Polisie, gaan kyk by die ultra stop, net na Pretoria oppad na Bronkhorsspruit, gaan kyk en beleef hoeveel taxis mense laat snags daar inbring, mense, dis iets om te beleef.

Miena ·

By die N4 The Rose Garage gebeur baie ongure dinge… ek bly in Bhs en ons EMS 911 Responders (vrouens veral) gaan nie meer uit na tonele toe na 19H00 in die aand nie a.g.v al die “spike” insidente van die motors.

Elize ·

Ons probeer die onwettiges uithou en hierdie gemors dra hulle aan.

Swerwer ·

Sluit toe en gooi die sleutels weg. Hoe kan borgtog nog oorweeg word! Hul het reeds hul ware kleure gewys en dit kan net erger raak as daar borgtog toegestaan word.

Di ·

BEGIN by die grensposte waar hierdie spul almal deurkom! Raak ontslae van korrupte beamptesdar en begin grensposte patrolleer soos in die ou dae. Weermag lede le heeldag in hulle tente, laat hulle betrokke raak en die land verdedig soos wat dit eintlik hulle PLIG is

Niklaas ·

Daars nou gevoellose en hartelose mense , met geen kommer oor die slagoffers se lewenslot nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.