Vlieënier maak noodlanding op Durban strand

Foto: ANA

Foto: ANA

ʼn Vlieënier is ongedeerd nadat hy Sondag ʼn noodlanding op ʼn strand in Durban moes maak.

Robert Mckenzie, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse nooddienste, het gesê paramedici en eThekwini-brandbestryders is omstreeks 14:30 na die toneel op die Noordstrand geroep.

Met hul aankoms het die 30-jarige vlieënier reeds buite die vliegtuig gestaan en met lugbeheer op sy selfoon gepraat.

“Hy is deur paramedici ondersoek nadat hy van die aanvanklike skok herstel het en daar is bevestig dat hy nie beseer is nie. Hy wou ook nie hospitaal toe gaan vir verdere ondersoek nie,” het McKenzie gesê.

Die vlieënier het glo die vliegtuig vir ʼn toetsvlug geneem en was op pad terug na die lughawe toe die voorval plaasgevind. Daar was nie baie mense op die strand toe hy skielik sy noodlanding daar moes maak nie, maar ʼn skare nuuskieriges het vinnig die vliegtuig omsingel.

“Die omstandighede van die voorval sal ondersoek word,” het McKenzie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Partykeer maak die nuus ook ‘n noodlanding Manie . . .

Dave ·

Op pad na die lughawe of op pad na die vliegveld? King Shaka is die lughawe maar meer waarskynlik was hy op pad na die nabygeleë Virginia vliegveld vir ligte vliegtuie wat ‘n paar honderd meter daarvandaan is.

Dave ·

Op pad na die lughawe of op pad na die vliegveld? King Shaka is die lughawe maar die vliegtuig was meer waarskynlik op pad na Virginia vliegveld wat ‘n paar honderd tree van daar is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.