Vlugte vir gerepatrieerdes skielik gekanselleer

Die Nederlandse lugredery KLM. (Foto: Verskaf)

Suid-Afrikaners wat gestrand is in Nederland sou uiteindelik Vrydag teruggekom het, maar is op die laaste minuut ingelig dat die vlug gekanselleer is, glo omdat die vliegtuig nie toestemming gehad het om in Suid-Afrika te land nie.

Die DA het nou ʼn skrywe gerig aan ministers Pravin Gordhan en Naledi Pandor, onderskeidelik van die departement van openbare ondernemings en die departement van internasionale betrekkinge, om duidelikheid te gee oor bewerings dat Suid-Afrikaanse owerhede weier om internasionale lugrederye toe te laat om in Suid-Afrika te land.

Talle Suid-Afrikaners in ander wêrelddele sukkel ook nog om terug te keer na Suid-Afrika en sommiges het nie meer geld of noodsaaklike medikasie oor nie. AfriForum het nou ʼn dringende aansoek in die hof gebring om ʼn oplossing te probeer kry vir die talle probleme wat Suid-Afrikaanse burgers wat tans in die buiteland gestrand is, ondervind.

“Ons het ook inligting ontvang dat twee vlugte van Ethiopian Airlines ook nie toegelaat is om op te styg in Suid-Afrika nie,” sê Alf Lees, DA-skaduminister vir openbare werke.

Dié vlugte moes Suid-Afrikaners wat in Etiopië werk, terugneem na dié land. Die departement van binnelandse sake het reeds twee weke gelede gesê dat Suid-Afrikaners wat in ander lande woon en werk, nou kan teruggaan, het Maroela Media berig.

Lees sê hy is ook bekommerd oor gerugte dat vlugte wat Suid-Afrikaners oor die naweek moet huis toe bring, ook nie sal kan land nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jurie ·

MM of DA ,kry julle feite reg,Pravin Gordhan is nie Min. van Openbare Werke nie.

My Mening ·

Dis nogals frustrerend om te besef ons bly in ‘n land wat deur ‘n klomp onbevoegde mense beheer word en ongelukkig gaan dit nie binnekort verander nie.

Barbara ·

Wel ons het familie wat hier is en moet terug gaan America toe maar kan nie. Die een is ń amerikaanse burger gebore daar en het voor lockdown vir ons kom kuier moontlik hul laaste want altwee is in hul 70 en 80’s. Hul vlugte bly gekanselleer word nou al van 9 April. En toe ons bel vir n repat vlug hoor ons hul moet R18000.00 per persoon betaal nadat hul ń vlugkaartjie het om terug te gaan.

Grassie ·

Die regering se onaanvaarbare optrede het dalk te doen met hul voorneme om ‘n “nuwe” SAL op die been te bring. Miskien wil hulle dit vir ander lugrederye, soos Ethiopian Airways, so moeilik moontlik maak om vlugte van en na Suid-Afrika te onderneem om voornemende passasiers te verplig om van SAL gebruik te maak. Die ANC se onderduimsheid is tot enigiets in staat.

Stefan ·

Hulle wil waarskynlik op hierdie manier laat lyk of ons die saa nodig het.

Jaco ·

Aan alle Suid-Afrikaners in die buiteland: BLY DAAR asseblief. Dis nag vir julle in SA. Wil julle regtig terugkom na beurtkrag, onbeheerde misdaad, regstellende aksie, BEE, swak vuil staatshospitale, lae standaard onderwys waar leerders onderwysers mag aanrand.
Regtig dit verbaas my dat mense wat juis om bogenoemde redes hier weg is, nou wil terugkom.

AH ·

‘n Familielid van my is in Amsterdam gestrand as deel van 250 Suid-Afrikaners wat van verskillende passasiesskepe waar hulle werk, gerepatrieër word. Hul KLM vlug is landingsregte in SA geweier. Die arme mense werk juis op hierdie skepe om ‘n beter lewe vir hulle en hul families te gee. Nou word hulle deur ‘n “spiteful” regering verhinder om na hul families toe terug te kom. Dit maak my hartseer en woedend!

RB ·

Hou op om die regering hof toe te vat.
Dagvaar die besluitnemer in sy/haar persoon/e want nie ‘n enkele minister is bereid om pa te staan vir hul aksies nie. Hulle kruip agter posisie en party weg.
Afriforum behoort werklik beter te weet van die reg en die wet.

Sarel ·

Ek verstaan nie mybkop is seker te plat daarvoor. Ten spyte van vlugte wat al plaas gevind het is daar nog steeds mense wat sukkel om terug te keer SA toe. Is hulle in verkeede land of wat. Was hulle met vakansie in die Buiteland….dan moes hulle mos al terug gewees het. Werk hulle in die Buiteland….hoekom wil hulle terugkeer. Mense in SA wat van die Buiteland af terug gekeer hetcsukkel.nou weer om te vertrek. Hoekom het julle in die eerste plrk terug gekom?

Fedup ·

Oh really. For the past 3 weeks we had airplanes flyng to and from wonderboom late each night?
Get those people back home. Piggy back them when push come to shove.
You need the excercise anyway.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.