Vlugtelinge steeds hoofpyn vir Kaapstad

Vlugtelinge skuil nou reeds maande lank in die Metodistekerk in die Kaapstadse middestad. (Foto: Madison Yauger/GroundUp)

Die Stad Kaapstad het sy kommer uitgespreek oor die vlugtelinge wat maande lank al die middestad van die stad beset. Hulle skuil al van verlede jaar af in die Metodistekerk en omliggende gebiede in die Kaapse middestad.

JP Smith, die stad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê hulle doen alles in hul vermoë om ʼn oplossing vir dié vlugtelingkrisis te vind.

ʼn Groep van sowat 500 vlugtelinge het aanvanklik in Oktober buite die Verenigde Nasies se hoëkommissariaat vir vlugtelinge (VNHKR) in die Waldorf-arkade in die Kaapse middestad uitgekamp. Polisie het hulle hier verjaag, waarna hulle na die Metodistekerk gevlug het. Dié kerk huisves die groep vlugtelinge al sedert einde Oktober.

Van dié vlugtelinge het tydelike skuilings in die omgewing buite die kerk opgerig.

Die vlugtelinge eis noodbehuising totdat hulle kan verhuis na ʼn land van hul keuse. Hulle het die voorstel van herintegrasie verwerp en die VNHKR het herhaaldelik gesê hervestiging in ʼn ander land is nie moontlik nie.

Smith sê die besetting van die kerk en omliggende omgewing het reeds gelei tot talle oortredings van die stadswette. Behalwe dat sakeondernemings in die gebied swaar trek, neem kriminele aktiwiteite by die dag toe.

Die stad gaan op 28 Januarie terug hooggeregshof toe om ʼn langtermynoplossing vir dié vlugtelingskrisis te vind.

Soos vroeër berig is die vlugtelinge, wat na talle waarskuwings steeds onwettig die perseel van die Verenigde Nasies se hoëkommissariaat vir vlugtelinge in Brooklyn, Pretoria, beset het, in November deur polisiebeamptes verwyder. Dié vlugtelinge het vir meer as ʼn maand by die kantoor in Brooklyn uitgekamp voordat die Pretoriase hooggeregshof die uitlanders beveel het om die gebied binne drie dae te verlaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Sakkie ·

Eis eis eis ! Hulle eis net heeltyd en doen in elk geval wat hulle wil.

Jessica ·

LOS HULLE NET DAAR IN DIE OPSTANDIG LAAT HULLE TRUG VLUG HUIS TOE VAN WAAR HULLE GEKOM HET, THE WAY YOU CAME IN THE WAY YOU CAN GO BACK!!!!

Tokkolos ·

Ek will ook die land verlaat na n land van my eie keuse
OP SA SE REKENING
hallo hoor iemand my halloooooooo
O ja nou onthou ek ek het nie n sê nie

Km ·

Is hulle dalk vanaf Pretoria Kaap toe aangery en deur wie? Probleem net verskuif. Kla hulle aan.

Anoniem ·

O hulle wil geneem word na ‘n land van hul keuse..? Aitsa. Sommer net so. Ek sê laai hulle op ‘n skip of vliegtuig en vat hulle terug na hul land van herkoms.

On second thoughts… as ek na ‘n “land van my keuse GENEEM kan word sal ek graag Australië of NZ toe wil gaan. Ek sal met plesier op die kerk se nek gaan lê vir ‘n paar weke om so my gratis passaat te kry.

Anel ·

Ek sê ook. Sit hulle op ‘n boot of trein en stuur hulle terug waar hulle vandaan kom. Die geld wat hulle ons nou kos, kon op ons eie arm mense gespandeer word. Ek kan nie na sy land gaan en “demand”vir werk, behuising ens. nie.

Peetjie ·

Rig n heining reg rondom die perseel op en hou hulle binne sodat daar nie kattekwaad snags kan aangevang word nie.

Hendrik van George ·

Die klomp onwettige plakker dring daarop aan om na Kanada gestuur te word. Verbeel jou…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.