Die polisie in Westernburg buite Polokwane het vroeg Woensdagoggend ʼn koeriervragmotor met 87 ongedokumenteerde Malawiese burgers binne onderskep.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem vir omkopery, asook ander moontlike aanklagte wat nog teen hom aanhangig gemaak kan word.
“Dit kom ná ʼn voorval waartydens die vragmotor versuim het om gehoor te gee aan ʼn padverkeersteken by die Polokwane-verkeersbeheersentrum,” het Ngoepe gesê.
Verkeerspolisie het die vragmotor gevolglik voorgekeer en die 87 Malawiese burgers aangetref. “Die bestuurder is onmiddellik in hegtenis geneem en die polisie het begin met hul aanvanklike ondersoek. Daar is vasgestel die voertuig was op pad van Malawi na Durban,” het Ngoepe gesê.
Ngoepe het aan Maroela Media bevestig die Malawiërs word tans aangehou en sal in terme van die Wet op Immigrasie aangekla word. “Hulle sal later terug na hul land gedeporteer word.”
Die bestuurder van die vragmotor sal binnekort in die Polokwane-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Mens wonder hoeveel ander vragmotors vol kriminele het weggekom. Wie gaan betaal vir hulle deportasie wonder ek, en behalwe dit moet hulle seker kos en huisvesting ook kry. Raai raai op wie se koste.
Kiesers vir die 2019 verkiesing?
Sekerlik sal onse Gigaba hulle voorsien van ID kaarte en permanente verblyf sodat hulle kan stem in 2019 .
wonder net as hul oppad was Durban toe, of dit nie mensehandel slagoffers is nie – plaas hulle oor in n skeepsvraghouer en op n boot en weg is hulle. niemand sal eers weet hul het via SA gekom nie.
En so word daar seker ook baie verdowingsmiddels oor die grense gebring om mense om te koop vir renosterhoring, ivoor, perlemoen en wat ookal.
Ek wonder hoeveel SA paspoorte is vervals of deur omkoopgeskenke bekom?
Wanneer gaan Suid-Afrika ‘n muur oprig tussen SA en sy buurlande?