Vragmotor naby Trompsburg geteiken

Die vragmotorbestuurder het deur die venster geloer en drie mans gesien. Hulle was besig om met die vragmotor se bande te vroetel (Foto: Verskaf)

’n Vragmotorbestuurder kon betyds wegkom nadat boewe hom geteiken en ses van sy vragmotor se wiele gesteel het.

Die voorval het Dinsdag omstreeks 05:00 langs die pad naby Trompsburg in die Vrystaat plaasgevind.

Volgens sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, het die vragmotorbestuurder wakkergeskrik toe hy ’n geluid buite die vragmotor gehoor het. Hy was besig om te slaap.

“Die vragmotorbestuurder het deur die venster geloer en drie mans gesien. Hulle was besig om met die vragmotor se bande te vroetel,” sê Kareli.

“Die bestuurder het die vragmotor aangeskakel om ander vragmotorbestuurders in kennis te stel van die gevaar en weggejaag. Dit het vir die bestuurder gevoel asof die vragmotor iets sleep. Die verdagtes het toe reeds met die sleepwa se remme gepeuter om te verhoed dat die vragmotor kan beweeg.”

Terwyl die vragmotor in beweging was, het die bestuurder gesien hoe ʼn wit Toyota Quantum-minibus met ʼn sleepwa hom van die pad probeer dwing.

“Die bestuurder het daarin geslaag om te ontsnap deur uit die vragmotor te spring en na die naaste plaas te hardloop.”

Die Springfontein-polisie is ontbied en by hul aankoms op die toneel was ses bande reeds van die vragmotor gesteel.

“Een verdagte in sy vroeg 20’s is in hegtenis geneem nadat hy beseer op die toneel aangetref is. Hy is onder polisiebewaking in die hospitaal.”

’n Saak van diefstal is aanhangig gemaak en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

En so word dit dag vir dag meer absurd in die wêreld van die krimineel. Welkom in die REGTE RSA!

Yvonne ·

Klink bietjie verdag……..eers by die sesde wiel onraad vermoed….eish

Blom ·

@ Yvonne, ek werk self vir ‘n baie groot vervoermaatskappy. Dit gebeur gereeld. Ek het al self in ‘n voorhakker gesit en die werkswinkel instruksie gegee om die bande af te haal. Jy voel nie veel nie en ek dink nog minder as jy slaap.

Tiny ·

Gangsters Paradise.

Julle moet onthou, die regering stel die voorbeeld. Ou zoempie het sy volk mooi geleer, en rampie sit die tradisie voort. Ons is almal “sitting ducks” in ‘n wettelose mafia staat.

Swerwer ·

Ai ai maar die ANc/EFF woeker darem met Midnight Spares. Die Vragmotor bestuurders moet uitgereik word met wapens dat hul die booswigte net daar kan skiet. Al skiet hul, hul slegs deur die been dan sal hierdie tipe misdaad dalk begin afneem.

Jack ·

Vreemde gedrag van bestuurder maar nou ja dit is afrika. Wonder wat hy gekry het vir die wiele.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.