Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê die 24-jarige vrou het Woensdag langs die N8 geloop op pad na haar sussie se skool toe sy deur drie mans voorgekeer is. Die mans het haar met ʼn mes gedreig en die veld ingesleep.
Die mans het haar glo aangerand waarna hulle haar klere uitgetrek het en haar om die beurt verkrag het. ʼn Verbyganger het glo gesien wat gebeur waarna hy die polisie ontbied het. Twee van die mans het reeds gevlug met die polisie se aankoms op die toneel. Die ander man is op heterdaad betrap waar hy besig was om die vrou te verkrag.
“Die slagoffer was kaal aan ʼn boom vasgemaak en het kneusplekke oor haar lyf gehad,” het Kareli gesê. Die verdagte het probeer vlug en het by ʼn stormwaterpyp ingekruip. Polisiebeamptes het hom agternagesit en in hegtenis geneem. Die ander twee verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem.
Die verdagtes sal binnekort in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Barbaars!!
Ai my hart is somer seer vir die vrou. Here hou U hand van liefde en beskerming oor die vrou
Venessa, terwyl ek net so verskriklik jammer voel vir die vrou. Woorde kan nie beskryf hoe barbaars en onmenslik so n daad is nie, wil ek jou vra, waar was die Hand van liefde en beskerming van die Here die dag toe sy verkrag is?
Stormwaterpyp sjoe.
En dis seker ook die apartheid se skuld.
Nee, dis om van AIDS te genees. Idiote!
Mooi so manne in blou!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Vrou alleen vandag is ongelukkig ‘n resep vir moeilikheid, selfs in haar eie motor!