Die Springbokke sal in 2015 vir die derde agtereenvolgende jaar op Ellispark teen die All Blacks speel, waarna die jaarlikse tuistoets teen die Kiwi’s aan ander stede toegeken sal word.
Lees meerAlles vir Vrydag 12 Desember 2014
Video: Seldsame weerverskynsel in Grand Canyon
ʼn Seldsame weerverskynsel wat die week in die Grand Canyon in die VSA voorgekom het, het dié dorre woestynwêreld in ʼn miskombers toegevou.
SA’ners in die buiteland: Só vier ons Kersfees in Nederland
Hoewel die Kersseisoen in Europa prentjiemooi is, vier Nederlanders Kersfees heel anders as die Suid-Afrikaners, vertel Madelein Geurden du Toit, wat al die afgelope 13 jaar in Nederland woon. Sy vertel:
Vrou aan boom vasgemaak, verkrag
ʼn Vrou van Bloemfontein is aan ʼn boom vasgebind en om die beurt deur drie mans verkrag, het die polisie in die Vrystaat gesê.
Limpopo-polisie vernietig daggaplantasie
Die polisie in Limpopo het Vrydag dagga met ʼn straatwaarde van nagenoeg R5 miljoen vernietig in Louis Trichardt.
EFF grondwet hof toe oor skorsings
Die EFF het hofdokumente by die konstitusionele hof ingedien waarin die party die skorsing van sy LP’s teenstaan.
Huisarres aanbeveel ná aanranding, k-woord
André van Deventer (36), wat daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn huishulp aangerand en haar die k-woord genoem het, se vonnis moet wees om swart mense met gemeenskapsdiens te help, het die Kaapstad-landdroshof Vrydag gehoor.
Man dood, 2 beseer in trompop botsing
ʼn Jong man is Vrydag dood en twee ander mense is beseer in ʼn botsing reg van voor op die R562 in Johannesburg.
Video: Brümilda van Rensburg gesels oor Leading Lady
As jy hierdie vakansie met Jan Tuisbly se karretjie ry, kan jy gerus die fliek Leading Lady gaan kyk! Maroela Media het met Brümilda van Rensburg gesels oor haar skreeusnaakse rol in die fliek.
Teaterbystandsfonds verras met geskenkpakkies
Elf akteursagentskappe het net voor die feestyd saamgespan om 22 geskenkpakkies aan die Teaterbystandsfonds te oorhandig.
Boek: Die geïllustreerde Bybelhandboek
Die wêreld van die Bybel lyk dikwels vir moderne lesers vaag en vreemd. Die geïllustreerde Bybel-handboek bied aan lesers ’n volledige prentjie van die leefwêreld van die Bybel.
Kersvader-reklamebord verwyder ná klagtes
Comedy Central het Vrydag aangekondig dat hy sy Kersvader-reklamebord verwyder het nadat daar talle klagtes ontvang is.
Vermiste man lewend op berg gevind
Chris James, die 27-jarige man van Witbank wat sedert 1 Desember vermis was, is Vrydag op ʼn berg naby die Bridal Veil-waterval in Sabie, Mpumalanga gevind.
Bejaarde broers doodgeskiet
ʼn Groep gewapende mans het twee bejaarde broers, wat saam op ʼn erf in Elsburg aan die Oos-Rand gewoon het, doodgeskiet.
Lyke verrot, bloed vloei in straat: Kuruman-hospitaalbestuurder aangekla
Die burgerregte-organisasie AfriForum het strafregtelike aanklagte teen die bestuurder van die Kuruman-staatshospitaal aanhangig gemaak nadat daar klagtes ontvang is oor bloed in die straat, mediese afval en lykshuis-yskaste wat nie werk nie.
“Swart gesig”-studente hoor hul lot
Die twee studente van die Universiteit van Pretoria (UP) wat tydelik uit hul koshuise geskors is nadat hulle huishulp-klere aangetrek en hul gesigte met swart verf gesmeer het, mag volgende jaar terugkeer na die kampus.
Vermiste man se motor in plantasie gevind
Die polisie in Mpumalanga het ʼn soektog van stapel gestuur in die plantasies naby die bekende Bridal Veil-waterval by Sabie nadat ʼn vermiste man van Witbank se verlate voertuig daar gevind is.
Redakteursbrief: ʼn Ratelende Karookas vol Kersfeesskatte
Mag jy hierdie Kersfees by jou geliefdes geskenke ontvang wat jy vir altyd in jou hart se vertoonkas kan bêre. En mag jy nooit van die grootste Geskenk vergeet nie, skryf Susan Lombaard.
Die kos is op die… strand
Beplan jy ‘n Weskus- of Kaapse vakansie? Hier is Marianne Styan se drie top strandrestaurante – gaan maak gerus ‘n draai!
Jaguarwelpie uit dieretuin gesteel
ʼn Jaguarwelpie is uit die Bloemfontein-dieretuin gesteel en vermoedelik vir moetie-doeleindes gebruik, het die Vrystaatse polisie Vrydag gesê.