ʼn Vrou van Port Elizabeth se noordelike woongebiede is Dinsdagaand koelbloedig doodgeskiet nadat sy haar huis se voordeur vir twee mans oopgemaak het.
Yannick Mariska Jacobs (30) van Steenbokstraat, Gelvandale, het tuis saam met haar ma sit en TV kyk toe sy twee mans op ʼn kringtelevisiekamera buite die huis gewaar het, vertel kol. Priscilla Naidoo, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder.
Een van die mans het aan die voordeur geklop. Toe Jacobs die deur oopmaak, is twee skote geskiet, waarvan een haar in die nek getref het, sê Naidoo.
Die motief vir haar moord is nog nie bekend nie. Die provinsiale bende-eenheid het intussen die ondersoek by die Baai se polisie oorgeneem.
Intussen is ʼn 24-jarige man doodgeskiet en ʼn 21-jarige gewond in die soveelste bendeverwante voorval in die Baai se noordelike woongebiede.
Naidu sê dié voorval het Woensdagoggend 10:00 in Standfordweg by Helenvale gebeur. Terwyl die polisie op die toneel was, is nog skote geskiet.
Dit is baie tragies. Baie sterkte aan die familie. Maar wanneer gaan mense leer om nie ‘n deur vir ‘n vreemdeling oop te maak nie?
Miskien het sy hulle geken. Geen vrou in my opinie sal sommer n deur vir nogal TWEE vreemde mans oopmaak nie.
Huurmoord!
S.A is/het werklik n vrot siek plek geword!!!
Die duiwel is wragtag los in die land.
Wat het van die eens wonderlike land geword van 30 jaar en langer gelede?
Anton, hy is weg gegee. Vrywilliglik.