Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die vrou is dood aangetref in haar huis in Bophelong, naby Vanderbijlpark in Gauteng.
“Gemeenskapslede wat die vrou probeer red het, het ER24 se paramedici ontbied. Die vrou was bewusteloos toe hulle daar aankom en hulle kon niks vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Meiring het die vrou glo ʼn kragprop probeer herstel toe sy doodgeskok is. “Gemeenskapslede het haar hoor skree en is dadelik na die huis.”
Die presiese omstandighede rondom die voorval word ondersoek.
Onwettige kragaansluiting want daar is nie ‘n aardafleiding soos deur die wet vereis.
Plak dit eers uit herstel dan ?
Sjoe maar julle 2 is clowns ne. ?
Daai is nie die ware storie nie. Ons bediende het vandag vir ons vertel. Die vrou het glo met die krag gaan peuter buite en sodoende n tang gebruik sonder rubber handels. Haar naam wat sy haarself gegee het is “Electricity Queen”. Gedink dit kan nie gebeur nie ekt nuus vir jou antie. RIP
Dis n wolhaar storie. Die vrou het bekend gestaan as die “Queen of Electricity”. Aan n krag draad gevat buite by n boks met n tang sonder rubber handels. Maar nou ja. RIP