Vrou kritiek ná perd haar skop

Die lugambulans wat die vrou na ‘n hospitaal gevlieg het. (Foto: ER24)

’n Vrou (40) is Donderdagmiddag in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal gehaas nadat ’n perd haar in die gesig geskop het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê paramedici is omstreeks 16:55 na ’n perdesentrum in Midrand ontbied waar hulle die vrou op die grond omring deur familielede aangetref het.

Volgens Campbell het die vrou perdgery toe sy vermoedelik van die perd afgegooi en in die gesig geskop is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het in ’n verklaring gesê die vrou is op die toneel gestabiliseer voordat sy per lugambulans na ’n hospitaal gevlieg is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.