Vrou se beweerde moordplan gefnuik

Die vrou wou haar vervreemde man glo laat ontvoer en vermoor. (Foto: SAPD)

’n Vrou wat glo saamgesweer het om haar man te laat vermoor is Sondag tydens ʼn gesamentlike operasie by die Indian Centre in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.

Die 40-jarige vrou het na bewering sluipmoordenaars gehuur om van haar vervreemde man ontslae te raak.

Haar beweerde moordplan is egter in die wiele gery toe die sluipmoordenaars wat sy glo wou huur in werklikheid polisiebeamptes was.

Luidens ʼn verklaring wat Sondag deur die polisie uitgereik is, het die Valke die vrou ʼn week lank dopgehou en bewyse ingesamel.

Sy sal na verwagting Maandag in die Kimberley-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Swerwer ·

Wonderlik, dankie SAP. Mag jul al hierdie vrot appels een vir een verwyder. Geen wese het die die reg om ‘n ander persoon se lewe te neem nie. Maak nie saak wie die wese is nie.

ES ·

Vervreemde man? As jy vervreemd van jou eggnoot is, hoekom gaan jy nie net aan met jou lewe nie? Dit het mos nou nie uitgewerk nie, gaan aan met jou lewe. Kan nie verstaan hoekom sy hom wou laat vermoor nie…?

Marcello ·

Ek sê nie dit is reg ne, maar ‘n mens weet nie wat die rede is nie, ‘n verrvreemde eggenoot kan jou lewe Hel maak, al is jy vervreemd.

Angel ·

Dalk is daar begrafnis polise betrokke , alles gaan noudae net oor geld en mens beteken niks meer nie .

Perdeby ·

kry seker nie haar sin in die skikking nie, of hy wil haar nie skei nie. Daar kan baie redes daarvoor wees.

Wat op dees Aarde ·

Net een woord: GELD! Hy het seker ‘n polis wat aan haar sou uitbetaal. Hierdie gaan nóg ‘n Rosemary Ndlovu geval word.

SjN ·

Alles draai om geld, daar is verseker polisse wat aan haar sou uitbetaal!! Nou kry sy niks en die belastingbetaler gaan vir haar sorg.

Wondermaarnet ·

Sy is reeds vervreemd van hom, hoekom hom wil doodmaak?

Annelize ·

Het seker besef die Lewenspolis is meer werd as die skei ooreenkoms….

Misky ·

Welgedaan SAPS!!!! Daar is nog goeie en lojale lede daar buite.

Kensy ·

Mooi!
Ek sou graag wou weet wat haar redes is vir so n stap?
Het hy haar mishandel of gedreig?
Of het sy agter gekom sy gaan kaal uit die huwelik uitstap met n egskeiding? – was sy die begustige van sy lewens versekerings?

ReneD ·

Wat gaan aan met die mensdom dat daar nie meer gevoel of respek vir jou medemens oor is nie.
Was sy dalk die gevolg van jare se mishandeling.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.