Vrou tronk toe vir miljoene se bedrog

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: pixabay)

ʼn 44-jarige vrou is vandeesweek 15 jaar direkte tronkstraf opgelê vir talle aanklagte van bedrog wat sy oor jare by die belastingkonsultasiefirmas waar sy gewerk het, gepleeg het.

Linda Labuschagne het Dinsdag in die Gqeberha‑ gespesialiseerde handelsmisdaadhof in die Oos-Kaap verskyn waar die vonnis opgelê is.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê Labuschagne was tussen 2017 en 2020 as ʼn boekhouer by onderskeidelik die BVSA Belastingkonsultasiefirma en DP Wealth Belastingkonsultasiefirma werksaam.

Dit is by dié firmas waar sy meer as R2,4 miljoen van kliënte se geld gebuit het. Sy het gedurende hierdie tyd bedrog van meer as R1,7 miljoen by BVSA gepleeg en meer as R680 000 by DP Wealth.

Labuschagne het daarin geslaag om dié bedrae in die hande te kry deur aan kliënte van albei maatskappye bankrekeninge te verskaf wat voorgee om dié van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) te wees. Dit was egter haar persoonlike bankbesonderhede.

“Die belastingkonsultasiefirma het klagtes van hul kliënte ontvang vir onbetaalde belastingopgawes en albei firmas het besluit om die klagtes by die Valke in te dien,” sê Mgolodela.

“Die Valke se ondersoek het eindelik tot die inhegtenisneming van Labuschagne in Julie verlede jaar gelei.”

Labuschagne is egter kort daarna op borgtog van R10 000 vrygelaat met die voorwaarde om haar beweerde bedrieglike optrede te staak.

Sy is in April vanjaar skuldig bevind op die aanklagte van bedrog teen haar. Sy het egter in hierdie tyd nie by die borgtogvoorwaardes gehou nie en het voortgegaan met verdere bedrieglike aktiwiteite.

Labuschagne is weer in Augustus vanjaar in hegtenis geneem en sal op 26 September weer in die hof verskyn op bykomende aanklagte van bedrog.

Intussen het genl.maj. Obed Ngwenya, provinsiale hoof van die Valke, die swaar straf wat reeds opgelê is, verwelkom en sy trots oor die span uitgespreek “wat hul ondersoekvaardighede optimaal benut het deur al die bewyse van Labuschagne se bedrieglike optrede na die hof toe te bring.

“Hierdie vonnis sal dien as ʼn afskrikmiddel vir ander oortreders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Chris dupreez ·

Sy verdien haar straf. Ou gesegde ,,as jy nie wil hoor nie , moet jy voel.

Nie Verbaas ·

“Hierdie vonnis sal dien as ʼn afskrikmiddel vir ander oortreders.” Hy grap seker. Zuma, Magashule en kie bewe seker nou in hulle broeke. O ja, ons het vergeet, hulle was lanklaas in die hof. Sluit hulle toe, miskien “skrik” iemand dan.

Perdeby ·

Yip ons sluit Zuma hulle toe dan brand die ondersteuners weer die hele land af.

Adri ·

Dan moet hulle ook toegesluit word. Iewers moet daar ‘n begin gemaak word om orde te herstel.

Kalla ·

Hoekom kan ander se bedrog nie so gou afgehandel word nie, of sê eerder nooit!

Nie Verbaas ·

Sy is nie n kader nie en weet niks van Ramaphosa en sirkus se geraamtes af nie. Al rede hoekom.

Waarnemer ·

Ek verwys na n vorige berig….”Brian Molefe het uiteindelik 30 miljoen terugbetaal aan Eskom nadat hy dit onregmatig bekom het…..ensovoorts….waarom is molefe nie tronk toe gestuur nie maar hierdie dame wel?Diefstal is diefstal….ongeag op welke manier…..is fit n gevsl van dubbele stsndaarde?

Nie Verbaas ·

En dit klink of Eskom nog nie die geld het nie want hy gaan appelleer. Stem, hy moes summer toegesluit gewees het want dit is bedrog.

Marcello ·

Is dit omdat sy “wit” is, want hoekom kom ander daarmee weg, of word baie “sagter” fondse gekry. Vra maar net.

Nie Verbaas ·

Nee, omdat sy wit is. Sekeres word onder ander stelsel gevonnis. Kyk maar na Molefe.

piet ·

Gee vir on voorbeelde waar swartes ligter vonnisse kry vir bedrog as blankes?

Prikkie ·

Piet my vriend, daardie dink ek nie kan enigiemand doen nie.

Ek weet net een ding en dit is dat daar darem geswoeg en gesweet word om vir John Shlope uit sy stoel gelig te kry.

Wonder maar net as dit John Smit of John Basson was of dit ook so lank sou geneem het.

GWS ·

Nou hoekom sloer die staatskapers se bedrog en diefstal van miljoene der miljoene so lank en is hulle nog op vrye voet sonder borg? Voorbeeld my voet!!!

Di ·

Ja nee, lyk my dis net “sekeres” in die land wat tronkstraf kry vir bedrog. Die GROOTSTE SKELMS loop almal nog vry rond buite en gaan voort met hulle plundering van Staatsgeld

Anel ·

EN WAT VAN ZUMA EN AL SY KADERS??? HULLE GAAN VOORT EN WORD NIG STEEDS DEUR ONS GEDRA!!!!!!!Dit kan mos nie so aangaan nie? Wonder wie moet ‘n les geleer word!!!!!

LeonS ·

Onse burgermeester 50 milj bedrog gepleeg en hy kom skotvry daarvan af, anc natuurlik…..

ES ·

Ek kan nie glo sy het aangehou daarmee nadat sy inisieel borg gekry het nie!

Sy verdien elke dag van haar 15 jaar in die tronk.

Jacobus ·

Die wat so vra vir die doodstraf, dit is presies hoe die doodstraf ook toegepas gaan word.

Delia ·

Sy verdien haar straf verseker. Die vraag is wat van al die ander diewe. Wat word van hulle.

Willem Hendrik ·

Korupsie en bedrog het deel geword van n samelewing wat moreel arm geword het. Dit is nie beperk tot n sekere bevolkingsgroep maar almal word hieraan blootgestel, sowel as neem deel hieraan. Moenie net praat nie maar word deel van die wat sê dit is genoeg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.