Vrou tydens plaasaanval gewond

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n plaasaanval. (Foto: Heritage Protection Group)

’n Vrou van Limpopo is Maandag in die vroeë oggendure in haar been geskiet nadat sy en haar man deur aanvallers op hul plaas in die omgewing van Mara oorval is.

’n Betroubare bron het aan Maroela Media gesê plaasaanvallers het Francois en Kitty Fick omstreeks 01:00 onverhoeds in hul slaapkamer in hul plaashuis op die plaas Goedgedacht aangeval.

Die presiese besonderhede rakende die aanval is nie in dié stadium duidelik nie.

Marcelle Maritz, die VF Plus se leier in Limpopo, sê wel Kitty is ná die aanval in ’n hospitaal in Polokwane opgeneem. Plaaswagte soek intussen saam met die polisie na die aanvallers.

Die VF Plus in Limpopo het in September vanjaar ’n petisie van stapel gestuur om die regering te dwing om plaasmoorde en -aanvalle tot prioriteitsmisdaad te verklaar. Die uitslag van die petisie sal aan die polisiekommissaris van Limpopo, lt.genl. Monica Thembi Hadebe, oorhandig word, sê Maritz.

Maroela Media het Maandag ’n navraag aan die polisie gestuur en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Di ·

Dis mos EFF valley daar! Hulle wil mense van die plase af dwing. Sterkte aan die gesin

Hendrik ·

En hule wil hoedman WAT laat doen??? Plaas moorde en aanvalle tot prioriteit misdaad verklaar!!! Kom nou, ons weet mos dit sal nie gebeur nie. Hoedman en sy “mag” beteken absoluut niks.

Christine ·

Plaasaanvalle is laaste op hoedman se prioriteitslys. Eerste is wit rassiste wat verkeerde goed uiter, hulle moet vinnig aangekla word, wat tereg korrek is, maar moord en aanvalle van boere moet beslis ernstig aandag kry. Sal graag wil weet hoe hulle in die slaapkamer gekom het sonder om ‘n geraas te maak. Inside job van geliefde werker?

kaplyn ·

Nee, hulle was nie in die slaapkamer nie. In die plaaslike nuus is daar berig dat die lafhaards van buite op die plaashuis se slaapkamer begin gevuur het. Die boervrou is toe in die been gewond. Die boer het blykbaar deur ‘n venster begin terugskiet en toe het hulle gevlug.

Harley Davidson ·

Kom ek stel dit dan so vir die hippokrate en politieke korrektheid media
Wie is skuldig aan die meerderheid aanvalle op huidige benaadeelde boere?
Wie is die meeste slagoffers tydens teroriste aanvalle op plase ?
Hoekom word die feite nie gegee soos dit werklik is nie ,verduidelik dit asb uit julle oogpunt sodat almal dit kan verstaan .

Piet ·

Daardie argieffoto is pure clickbait! Alles vir ‘n click ne Maroela.

ES ·

Ongelukkig weet ons dat Cele niks sal doen nie. Hulle kan nie eers misdaad in die dorpe bekamp nie… Boere moet maar hulself beskerm en nodige voorsorgmaatreels tref.

Baie bly hulle is nog lewend, dit kon baie erger gewees het.

My siening ·

Die kom nie op Kyknet nuus nie want kyknet dien net swart gebeurtenisse, kyk maar daar is geen wit nuus behalwe as die witte die misdaad pleeg!

Strandloper ·

Nou hoekom betaal jy dan vir die gemors…doen die regte ding asb

Strandloper ·

Bly hul lewe nog. Sterkte met die herstel. Laat hul volgende keer bloeie asb

Karina ·

Malema mag sê wat hy wil, dit is nie aanhitsing tot moord nie. Maar as ‘n wit persoon iets opper, is daar ‘n groot lawaai. Hoe werk die wet dan? Ten gunste net van een ras? So lyk dit vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.