Vrou uit motorwrak op N1 gesny

Die ongeluk het op die N1 in Centurion plaasgevind. (Foto: Emer-G-Med)

ʼn Vrou is Sondagoggend uit die motorwrak van haar ligte voertuig gesny nadat die motor verskeie kere op die N1 in Centurion gerol het. Die ongeluk het gebeur toe die vrou se sedan teen ʼn ligte afleweringsvoertuig gebots het.

Die ongeluk het naby die John Vorster-brug plaasgevind. Emer-G-Med is omstreeks 10:00 na die toneel ontbied.

Met nooddienswerkers se aankoms op die toneel was die vrou in die motorwrak vasgekeer.

“Sy moes eers van gevorderde lewensondersteuning voorsien word om haar te stabiliseer, voordat lewensreddende toerusting gebruik is om haar uit die wrak te bevry,” het Kyle van Reenen, woordvoerder vir Emer-G-Med, gesê.

Die vrou is met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer. Die omvang van haar beserings is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danie ·

Die nuus is net moord en doodslag wat gaan op die paaie aan?Geen lisensies geen bestuursvernuf of wat sal julle se.Wette loosheid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.