Vyf sterf toe gemeenskap reg in eie hande neem

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: SAPD/Facebook)

Vyf mans van Delft buite Kaapstad is aangerand en aan die brand gesteek nadat die gemeenskap hulle van huisbraak beskuldig het.

Volgens kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is die polisie Maandag omstreeks 18:50 na die hoek van Symphony- en Hoofweg in Delft ontbied. Daar het hulle op vyf mans se liggame afgekom wat onherkenbaar verbrand het.

“Daar word beweer dat die mans, tussen die ouderdom van 25 en 36 jaar oud, deur die gemeenskap daarvan beskuldig is dat hulle by ʼn huis in die gebied ingebreek en ʼn selfoon gesteel het,” sê Traut.

“Die gemeenskap het die mans gevang, geslaan en aan die brand gesteek.”

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Om reg in eie hande te neem, word ten sterkste veroordeel en diegene wat daaraan skuldig is, sal as misdadigers vervolg word.”

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Daniel ·

Ek sal maar liewers niks se niewant se ek iets plaas die mense dit nie .

PersHeks ·

Toemaar, jy is nie alleen nie…dit gebeur gereeld met my ook!

Cornrit ·

Ek is teleurgesteld, maar my vraag is: Hoekom gebeur dinge soos die?. Ek glo die antwoord lê by ons regstelsel, en spesifiek by ons polisiemag. Ek dink met heimwee terug na n paraat polisiemag, waar wet en orde geheers het, en fiksheid belangrik was. Nou is ten minste 60% oorgewig en sommer sleg. Die skollies lag en terg hulle. Geen respek word VERDIEN nie.

JohnnyS ·

Ons kan seker sê dinge het bietjie warm geword vir die kriminele. Ongelukkig gaan die tipe gebeure meer gereeld plaasvind weens die SAP / regstelsel (ANC regering) se onvermoë om die publiek te beskerm.

melaney ·

Jan publiek het nie ‘n keuse nie. Die sap sou nie eers opgedaag het nie sou niemand aangerand of vermoor gewees het. Sulke gedrag gaan toeneem.

AnnieA ·

Ek stem saam. Hoe wreed dit ookal is. die realtiteit is mense is keelvol vir misdaad in hulle areas. Hulle het geen ondersteuning van die regering en SAPS nie, en word elke dag verniel deur die skurke, op een of ander stadium gaan hulle begin die reg in hulle eie hande neem. Ek praat dit nie goed nie, ek sê net mense is keelvol

Paul ·

Dit gebeur as alles in die land verval danksy ‘n patetiese ANC regering asook’ n idioot vir ‘n polisie minister!

Porseleintjie ·

Toegee misdaad is n probleem wêreldwyd. Om egter n ander se lewe te neem , verg dat daar eerder gekyk moet word na die verrotting in die innerlike van daardie mense.

Lillian ·

SAPS is nie opgewasse teen die woede van die gemeenskap nie.

ES ·

Ek stem Lillian, ek sal nie my lewe waag – vuurwapen of te not – om te probeer om ‘n skare mense te kalmeer nie.

Ian ·

Mense in daardie gebiede is *&%vol aangesien hul daagliks aan sulke goed blootgestel word. My eie personeel loop weekliks deur onder die klas van krimineel terwyl hulle hul daaglikse brrod op ‘n eerlike wyse probeer verdien. So nee ek het geen simpatiek nie.

Hennie Biebouw ·

Wanneer gemeenskappe versaak word deur wetsoepassing, dan gebeur hierdie tipe goed….

Stofdonkie ·

Die tipe optrede moet direk toegeskryf word aan minister Shutup. Toe die mense ongelukkig is met misdaad in hulle gemeenskappe en vra vir hulp toe skreeu hy mos Shutup vir die man, so nou doen die gemeenskap maar self die werk van die polisie en die hof, hulle vang die skelm, verhoor hom en vonnis hom alles in een dag

ES ·

As die polisie net hulle werk kan doen sal dit nie nodig wees vir gemeenskappe om reg in eie hande te neem nie. Maar van daardie informele nedersettings is so gevaarlik dat die polisie te bang is om daar in te gaan.

Harley Davidson ·

Dit is wat gebeur as ‘n land nie meer ‘n werkende polisie mag het nie.

john ·

ALhoewell dit verkeerd is wat kan n mens verwag as die polisie niks doen nie end die hof hulle werk nie doen en as hulle in die tronk kom word hulle gou gou weer vrygelaat . Mense raak gefrustreerd sulke dinge gaan meer en meer gebeur as die gereg hulle werk nie meer doen nie gaan mense dit self doen.

Nico ·

Die sogenaamde polisie sal vinnig optree wanneer lede van die polisie vermoor of aangerand word.

Vanessa ·

Ons almal is moeg v misdaad. Die mense gaan reg in eie hande neem om te oorleef. As dinge volgens die wet moet geskied loop die misdadigers oor ‘n week weer in die strate rond. Nee wat dis nou maar “the way to go”!!!!!

Roedolf Johannes ·

Die SAP kan nie hulle werk doen nie,erens moet daar iets gedoen.Al my steun aan die mense wat dit gedoen het.Verwyder die elemente uit die samelewing.

Gert ·

Ek dink die kriminele gaan daai area vir ‘n rukkie vermei. Dis al boodskap wat die kriminele verstaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.