Vyf vas oor verkoop van erwe

Foto: SAPD/Facebook

Vyf verdagtes is die week in hegtenis geneem in verband met die onwettige verkoop van erwe wat aan die staat behoort in Oos-Londen in die Oos-Kaap.

Die grond behoort aan die departement van openbare werke en is naby die Oos-Londen-lughawe geleë.

Volgens brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, is die vyf verdagtes, tussen 38 en 62 jaar oud, tydens ʼn intelligensiegedrewe operasie rakende die onwettige besetting van grond in hegtenis geneem.

ʼn Groep verdagtes is geïdentifiseer nadat dit aan die lig gekom het dat hulle glo onwettig erwe aan mense verkoop. Die erwe is tot 3 Desember teen R15 000 stuks verkoop en die prys is van Januarie na R20 000 verhoog.

“Die polisie het in Januarie die gebeure dopgehou waarna die verdagtes Woensdag in hegtenis geneem is.”

Daar is tydens die operasie op ʼn onbekende bedrag kontant beslag gelê, asook op twee voertuie wat glo deur die verdagtes gebruik is in die uitvoering van die misdaad.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die landdroshof in Oos-Londen verskyn op aanklag van bedrog. Volgens Kinana kan daar moontlik nog klagte tot die klagstaat gevoeg word namate die ondersoek vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre ·

Ohhh, soooo as dit staats grond is word daar onmiddelike aksie teenoor die skuldiges.
Maar as dit privaat, veral blanke grond is. nehhh….

Casper ·

Weereens ‘n bewys dat hulle nie grond beset om ekonomie te benut nie maar om hulleself te verryk.Die EFF moet daarvoor bedank word.

ES ·

Die Nigeriers doen dit al vir baie jare met die HOP-huise. Ons huishulp vertel ons gereeld dat sodra HOP-huise toegeken word, dan intimideer die Nigeriers die mense en dan moet hulle “huur” betaal aan hierdie diegene.

Dit gebeur oral, met baie mense. Hierdie is net die wat gevang was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.