Vyfjarige sterf ná boetie haar skiet

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die vyfjarige dogtertjie wat deur haar sesjarige boetie met ʼn vuurwapen in die kop geskiet is, het gesterf.

Die dogtertjie is Donderdagmiddag ná die voorval in ʼn kritieke toestand na ʼn plaaslike hospitaal in Bethelsdorp, Oos-Kaap, gehaas vir verdere mediese behandeling. Sy het in die hospitaal aan haar skietwond beswyk.

Maroela Media het vroeër berig drie kinders, die seun, sy sussie en nog ʼn seun, het tussen 13:00 en 14:00 in ʼn vertrek in ʼn huis in Uitbreiding 31 in Bethelsdorp gespeel toe die voorval plaasgevind het.

Hulle het met ʼn .38-rewolwer gespeel toe dit glo per ongeluk afgegaan en die dogtertjie in die kop getref het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, was die vuurwapen met die polisie se aankoms op die toneel nêrens te vinde nie.

ʼn Saak van regsverydeling word ondersoek.

Nog aanklagte en inhegtenisnemings kan volg namate die ondersoek ontvou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

domheks ·

RIV. Jammer vir die gesin! Maar dit is defnitief nie ‘n geldige vuurwapen nie. Anders sou dit nie verdwyn het nie.

Perdeby ·

Ek wonder waar is my kommentaar heen? Seker maar in die asdrom ( delete )

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.