Sesjarige skiet glo sussie toe hulle met wapen speel

(Foto: SA Polisie)

ʼn Sesjarige seun het Donderdagmiddag sy vyfjarige sussie met ʼn vuurwapen in die kop geskiet in Bethelsdorp in die Oos-Kaap.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het drie kinders, die seun, sy sussie en nog ʼn seun, tussen 13:00 en 14:00 in ʼn vertrek in ʼn huis in Uitbreiding 31 in Bethelsdorp gespeel toe die voorval plaasgevind het.

Hulle het met ʼn vuurwapen gespeel toe dit glo per ongeluk afgegaan en die dogtertjie in die kop getref het.

Sy is na ʼn plaaslike hospitaal gehaas waar sy in ʼn kritieke toestand is.

“Met die polisie se aankoms op die toneel was die vuurwapen nêrens te vinde nie. ʼn Saak van regsverydeling word ondersoek.

“Nog aanklagte en inhegtenisnemings kan volg namate die ondersoek ontvou,” het Naidu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Corne123 ·

Ek jammer maar kan nie help om te begin wonder of dit nie n onwettige wapen was nie.Hoe ookal te se n wapen moet nie rondle nie.

Trotse Boervrou ·

So onnodig en bitter hartseer. Ons bid vir die klein mensie. Baie ouers laat lê hul vuurwapens rond en belet kinders om daaraan te raak. Tot eendag pappa en mamma, dan besluit daardie kindjie net om bietjie te kyk en te speel. Moenie dan hierdie kinders van ongehoorsaamheid beskuldig nie. Jy as ouer is die skuldige en aandadig aan moord indien daar ‘n noodlottige ongeluk plaasvind. Daardie arme kind het nie geweet dit is wat ‘n vuurwapen kan doen nie maar jy het!

Snuffelgids ·

Het dadelik gedink dis weer in Amerika, dit is ongelukkig algemeen by hulle. Ons bid vir jou kindjie

Witbaard ·

Sluit die eienaar toe. Die wapen moes in n kluis wees. Waarom was die wapen gelaai? Waarom is die wapen nou nie te vinde? Nou moet onskuldige kinders met hulle lewens betaal.

Perdeby ·

Daardie persoon wie se wapen dit was ( indien wettig ) het baaaie groot moeilikheid, want daardie persoon gaan aangekla word.

Nozi ·

Maritza nerens se dit dat dit die ouers se wapen is of by die ouers se huis gebeur het nie. Het jy miskien al daaraan gedink dat die kindertjies by ‘n dagsorg se huis was terwyl die ouers werk? Hoekom wil jy die ouers nou al straf as niks nog duidelik is nie. Dit is wel baie hartseer dat die wapen oop en bloot rond gele het en die kinders kon dalk gedink het dit is net ‘n speelgoed geweer. Ja, die persoon wie se wapen dit is moet gestraf word, wapens behoort toegesluit in ‘n kluis te wees. Ek gee ook nou maar vir jou ‘n “sad”gesiggie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.