Toeriste en inwoners in Kaapstad sal van vandag af opmerk hoe die bekende geel New7Wonders of Nature-rame een vir een verdwyn.
Die webwerf TableMountain.net het egter bevestig dat die vrolike rame slegs tydelik sal verdwyn, aangesien die rame bietjie opgeknap word. Die rame is op ikoniese plekke soos Vlaeberg (Seinheuwel), by die V&A Waterfront, in Bloubergstrand, Kaapstad-stasie, Harrington-plein en Lookout Hill in Khayelitsha opgerig.
Die eerste raam, by Seinheuwel, is Dinsdag verwyder en sal op Dinsdag, 12 April, weer met ʼn splinternuwe lagie verf terugkeer.
Tafelberg is in 2012 as een van die nuwe Sewe Wonders van die Natuur aangewys en as deel van dié nalatenskapprojek is ʼn reeks rame op plekke opgerig om besoekers die perfekte uitkykpunt te bied van Tafelberg. Toeriste kan foto’s van hulself en vriende en familie in die raam neem met Tafelberg as die skouspelagtige agtergrond.
Die skedule vir die verwydering en installasie van die rame is soos volg:
Vlaeberg (Seinheuwel):
verwyder op 5 April, installasie op 12 April
V&A Waterfront:
verwyder op 12 April, installasie op 19 April
Eden on the Bay (Bloubergstrand):
verwyder op 19 April, installasie op 26 April
Kaapstad-stasie:
verwyder op 26 April, installasie op 3 Mei
Harrington-plein:
verwyder op 3 Mei, installasie op 10 Mei
Lookout Hill (Khayelitsha):
verwyder op 10 Mei, installasie op 17 Mei
n Verkwikkende briesie dat daar onder al die negatiewe darem nog estetika in die land is.
Amper gedog dis gesteel
Vandag is dit 364 jaar gelede dat Jan van Riebeeck voet aan wal in die Kaap gesit het. Wonder of die Kaapse stadsraad dit ook sal onthou. Glo nie. Wonder hoeveel ander van die nasate van die Hollanders en Vryburgers sal daaraan dink.
Het toe ek wakker word vanoggend dit dadelik onthou. Oom Jan se dag.
Ek en my familie sal daai dag nooit vergeet nie, ons het op die dag 300 jaar na Oom Jan hier aangekom uit Holland! 6 April 1952!