“Artikel 111 (1) (a) vereis van die president om minstens elke kwartaal te verskyn en lede van die parlement se vrae te beantwoord,” het Maimane in sy skriftelike kennisgewing van mosie gesê. “Die president het versuim om by die reël van sy eie beweging te hou en moet dus nou opdrag gegee word om dit te doen.”
Maimane verwag dat Zuma beveel moet word om voor die parlement te verskyn en LP’s se vrae te beantwoord en dat hy gestraf moet word. “Die tyd het gekom vir die parlement om sy grondwetlike gesag te laat geld. Ons kan nie langer fyntjies om die president trap nie en moet hom deur ʼn besluit van die nasionale vergadering beveel om verantwoording aan die parlement te doen.”
Maimane het verlede maand versoek dat die parlement debat moet voer oor Zuma se weiering om vrae te beantwoord.
Mmusi ouMackie is uit antw uit hy het al te veel gelieg om Zuma te beskerm hy weet nie meer wat hy moet se nie.Dis waarom Zuma nie vir julle kan se wat in. Sy land aangaan want hy slaap te veel. Jy weet 6 vrouens kan n man uitput aitog
Waar is die mosie van wantroue teenoor hom? Hellen Zille is jy bang of wat? Of kan ENIGE iemand die ding aan die gang kry en ons van hom ontslae kan raak?
Stem Francois …. waar is die DA. Hulle staan net en skree en reik verklarings uit en doen niks! Daar sal seker later gedoen word soos die verkiesing nader kom. Intussen doen die eff meer deur die woord en daad. Al stem ek GLAD NIE SAAM EFF doen hulle iets.
se hulle francois, se hulle
Dalk…Grootoogsiekte ???
Waar is hy vra jy ? Hy Dudu