Die saak van die veiligheidswag wat daarvan beskuldig word dat hy 55 leerders van die AB Xuma Primary School in Orlando, Soweto na bewering seksueel aangerand het, is Maandag in die Protea-landdroshof uitgestel.
Dié veiligheidswag wat Kersfees agter tralies deurgebring het, het glo 55 leerders by die AB Xuma Laerskool seksueel aangerand. Tot op hede het 34 leerders verklarings by die owerhede gaan aflê.
Klagtes van verkragting en seksuele aanranding staar hom in die gesig.
Maroela Media het vroeër berig Dennis Mabasa, sy prokureur, het hom verlede Vrydag aan die saak onttrek as gevolg van ʼn botsing van belange.
Maandag was daar verteenwoordigers van regshulp in die hof om die nodige dokumentasie aan die wag te voorsien om gebruik te maak van hul dienste.
Landdros Herman Badenhorst het die saak tot 30 Januarie uitgestel. Die beskuldigde bly in aanhouding totdat die saak voorkom.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Botsing van belange ? Pffft