Wagtyd tussen entstofdosisse verkort

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Joel Saget/AFP)

Die departement van gesondheid gaan vandeesweek ʼn aantal veranderinge aan die land se Covid-19-entstofprogram aanbring om burgers aan te moedig om teen die virus ingeënt te word.

Van die veranderinge behels dat die wagtydperk tussen opvolg- en versterkingsdosisse gehalveer word en mense dus nou vinniger opvolgdosisse kan ontvang.

Die meeste van die veranderinge sal van Woensdag van krag wees.

Volgens die departement sal die interval tussen die toediening van die eerste en die tweede dosis van die Pfizer-entstof van 42 dae na 21 dae verkort word.

Alle individue wat volledig met die Pfizer-entstof ingeënt is, sal nou 90 dae (of drie maande) ná hul tweede dosis in aanmerking kom vir ʼn versterkingsdosis. Tans kan individue eers 180 dae (of ses maande) ná hul tweede dosis ʼn versterkingsdosis ontvang.

Diegene wat ouer is as 18 jaar wat ten volle met Pfizer ingeënt is, kan óf ʼn versterkingsdosis van dieselfde entstof ontvang óf ʼn Johnson & Johnson- (J&J) versterkingsdosis.

Verder kan alle volwassenes wat met die J&J-entstof ingeënt is van vandag (Maandag) kwalifiseer om ʼn versterkingsdosis van dieselfde entstof óf van Pfizer te ontvang, mits 60 dae (of twee maande) verstryk het nadat hul oorspronklike dosis toegedien is.

Die departement het egter ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om hul besluit op watter versterkingsdosis om te ontvang te grond op die beskikbaarheid van die entstof by hul gekose inentingsfasiliteit.

“As Pfizer én J&J beskikbaar is, raai ons aan dat individue dieselfde versterkingsdosis ontvang as die een waarmee hulle oorspronklik ingeënt is. Hulle kan op ʼn ander soort versterkingsdosis aandring indien daar ʼn geskiedenis is van nadelige gevolge weens die entstof wat hulle aanvanklik ontvang het,” sê die departement.

Die departement is ook besig om ʼn elektroniese entstofdatastelsel (EVDS) op die been te bring sodat individue wat hul inenting/s buite Suid-Afrika ontvang het, nou versterkingsdosisse binne die land kan kry.

Die datum waarop hierdie diens van stapel gestuur sal word, sal aangekondig word sodra die data volledig op EVDS beskikbaar is.

Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het ook verlede week die gebruik van die antivirale pil bekend as molnupiravir vir die behandeling van Covid-19 deur sogenaamde hoërisiko volwassenes goedgekeur.

Die pil word toegedien nadat Covid-19 opgedoen is om die simptome te behandel.

Die departement hou egter vol dat Covid-19-entstowwe steeds die beste manier is om die pandemie te beveg.

“Covid-19-entstowwe bly die doeltreffendste wapen teen die pandemie en bied beskerming teen ernstige Covid-19-gevalle en hospitalisering.”

  • Alle simptome wat ná immunisering ervaar word, kan by die naaste inentingsfasiliteit gerapporteer word of by die Covid-19-blitslyn by 0800 029 999.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

99 Kommentare

Bernard ·

Lagwekkend. Hoe lank nog gaan ons saam speel? Lees The Real Dr Fauchi deur Robert F Kennedy Jnr en ervaar hoe ons gemanipuleer word. Die ANC se entstoffabriek in die Weskaap is niks anders nie as ‘n ewigdurende inkomstebron vir die regime. Hoop nie hierdie plasing word gesensor nie.

Hendrik ·

Hulle maak dit reeds, hulle giet dit in lood. Net jammer ons sukkel om dokters te kry wat dit voorskryf.

Nie Verbaas ·

Dit sal nie help nie. Hulle corruption antibodies sal die entstof kanselleer.

VaalDonkie ·

Kort op die hake van Pfizer se nuus aan hul aandeelhouers dat die boeke nie so kwaai gaan lyk hierdie jaar nie. Uh huh

Grotti ·

Seker omdat die mense nog nie in die strate omval en dooi nie, nou moet hulle die proses aanwakker voordat meer mense se oë oopgaan en sien watse snert dit is

Danie ·

Nou is die vaxers seker vreeslik opgewonde dat hulle tog weer hulle bo-arms kan gaan wys….

SwartBees ·

Absoluut, hoe dan anders. Rol op jou mou en kom geniet die vryheid saam met ons.

Mercia ·

Watter vryheid swartbees? Jou vryheid om sonder ‘n masker rond te beweeg? Of kwytskelding van restriksies soos “curvues” en “social distancing?”
Sover het jy net die vryheid om die inspuiting te kies of dan nie….. en baíe het nie eers meer daardie vryheid nie ingeval hulle hulle werk wil hou. So dis moeilik om te sien hoe jy skielik nou so vry voel na ‘n inspuiting?

MakersMark ·

Of jy nou ingeent is of nie wetlik moet jy ‘n masker in die publiek dra. Jy was ingeent voor jy kon skool toe gaan so van 6 jr oud was jy nie “vry” van inentings nie. So om ingeent te word om ‘n werk te hou kan tog sekerlik nie te moeilik wees nie.

Nie Verbaas ·

Al verskil was dat die inentings behoorlik getoets is en gewerk het sonder booster shots en newe effekte.

MakersMark ·

Probeer asseblief teen bewyse voorle van die inentings se reuse sukses on sterftes en ernstige infeksies te verhoed. Omtrent wereldwyd 90% minder as voor inentings. 5 bn mense ingeent. Inentings vir CV19 is in ‘n rekord tyd ontwikkel, goed nagevors en is ‘n reuse sukses. Probeer dit anders bewys met statistieke en nie AVr teorieë en emosionele praatjies nie.

piet ·

Nie Verbaas – ‘n ou inpuitintjie is darem ‘n klein opoffering om te maak vir persoonlike belang en gemeenskaplike landsbelang. Sal nie eers 5 minute van jou tyd vat as jy vooraf ‘n bespreking maak nie.

VaalDonkie ·

Hey, ek hoop dit werk vir jou. Is minder moeite as om Delta te moes verwerk sonder die prikkie soos ek.

MakersMark ·

Ek kry myne oor 2 weke. Niks wat my bekommer nie. Dra masker in die publiek want die wet sê so, asook meeste plekke of werkplekke wat mens besoek vereis dit. Werkgewer is gelukkig want ek bly hoogs produktief en irriteer nie HR omdat “mense nou gedwing word” om ingeent te word of hul werk te verloor nie.

VaalDonkie ·

Is dit nogsteeds twee jaar gelede se reseppie wat hulle van die oorspronklike Alfa-variant gemaak het en min aan Omikron doen?

piet ·

Die effektiwiteit van mRNA vaksienes gaan weer op na meer as 80% met ‘n booster shot. Kan nie wag om myself verder te beveilig nie.

Lollapop ·

Moenie persoonlik raak elkeen het ‘n keuse sommige mense is net oopkop ek mors nie meer my asem

Vonkprop ·

Hulle maak nie vinnig genoeg geld nie so nou word tydperke korter gemaak.

Robert ·

Die use by date kom nou nader, hulle gaan miljoene jabs moet stort.

Hendrik ·

Nes in Botswana, die goed gaan verval in April, nou wil hulle nie verlies ly nie, so maak dit verpligtend vir almal.

Nommer 7 ·

Vonkprop, as hulle wou geld maak, sou hulle vitamien aanvullings vervaardig het. Daar is nou vir jou ‘n booming business, gerugsteun deur misinformasie en samesweringsteorie om die liggelowiges te oortuig.

Miskruier ·

“Why do the protected need to be protected from the unprotected by forcing the unprotected to use the protection that did not protect the protected in the first case? Imagine a vaccine so safe you have to be threatened to take it for a virus so dangerous you have to be tested to see whether you have it or not”

domheks ·

Die hele wereld is inspuiting MAL!
Jammer sal nie neem nie!!!

Nommer 7 ·

Dit is verblywend om te sien dat die wereldwye inenenting initiatief sulke goeie gevolge het. Hopelik sal almal binnekort inent, en kan ons almal weer aangaan met ‘n normale lewe.

piet ·

Nommer 7 – Dit gaan ongelukkig nie gebeur in SA nie, te veel dwarstrekkers en onpatriotiese burgers. Ek sorg maar nou net vir myself van nou af en voel vere vir die res (soos die oningeentes).

Mercia ·

Dankie tog piet…..baie bly dat jy daardie gevolgtrekking kon bereik. Jy gaan sien hoeveel beter voel jy nou….geen bekommernisse oor die res van ons “oningeëntes ” nie en nog ‘n boostertjie…..man, jy gaan ‘n hup in jou stap hê!

piet ·

Mercia – glad nie iets oor om bly te wees nie. Dis eintlik ‘n skande dat ons mense in hierdie land het wat so ongehoorsaam, dwarstrekkerig, onpatrioties en ongewillig is dat hulle nie eers bereid is om die minste te doen om ‘n pandemie te help beveg nie. Kyk net hoe gehoorsaam en patrioties is mense in ander dele van die wereld. Geen wonder hierdie land is waar hy is nie. Red nou ‘n nasie met so ‘n volk. Swak.

Nie Verbaas ·

Piet, nou hoe beveg julle die pandemie as julle nog steeds COVID-19 kan kry en in hospitale beland? En dit nog oordra ook? Dit klink of mense kwaad vir hulself is oor hulle besluite en dit dan op die ingeligte en oplettende mense wil uithaal. Grappig.

piet ·

Nie Verbaas – Risiko is laer maar dis nie iets wat julle oningeentes verstaan of wil verstaan nie. By julle moet die vaksiene 100% doeltreffend wees (geen vaksiene wat al ooit vervaardig is, werk 100% nie maar julle verwag dit van die Covid vaksien). Belaglik.

Nie Verbaas ·

So ook voel ons vere vir die wat nie weet nie. Patriotiese burgers veg vir hulle regte en val nie net om en speel saam met leuens nie.

MakersMark ·

Te veel domastrantes. Dink hul weet beter maar eintlik is hul ver in die minderheid in vergelyking met 5 bn mense wereldwyd.

JD ·

Ons kan aangaan met normale lewe, met of sonder, elkeen se keuse. As jy hom het is jy mos shap, hoef mos nie te worry oor my wat hom nie het nie. Gaan aan met “normale lewe” en kyk dalk bietjie minder MSM…

Mercia ·

Lyk of dit net jy is wat so verskriklik “bly” is nr.7. LOL

VaalDonkie ·

Ek het gister soos normaal saam met my familie gebraai. Was laasnaweek strand toe soos normaal. Niemand is dood nie.

Nommer 7 ·

Vale, as u u oogklappe afhaal, en die deur ‘n sleutelgat na covid kyk nie, sou u gesien het dat net gister, 5159 mense wereldwyd aan covid gesterf het. Wat sou u gese^ het as almal wat u ken, familie, vriende en kenisse, al aan covid gesterf het.

Nie Verbaas ·

En jy glo dit? Presies my punt. Niks verder nodig om te sê nie.

MakersMark ·

AVr’s dink glad nie so ver nie. Ek en myself in my dorpie.

piet ·

MM – Sal interessant wees om te weet welke persentasie mense in Orania ingeent is, ek is nogal nuuskierig om te weet. Ons weet mos nou daar is ‘n tendens……….

MakersMark ·

Sal interessant wees. Maar daai mentaliteit kom nie net in die plekkie voor nie. Soos jy sien……

MakersMark ·

Stem saam sewes. Inentings het miljoene lewens gered en sal aanhou die geval wees. Oorwinning vir moderne wetenskap en mediese tegnologie asook die 5 bn verligtes wat ingeent is. Jammer vir die res wat die duisternis kies.

Boon ·

Is die verandering wetenskaplik geneem of is dit n klomp politiek?

Misky ·

Dit werk toe nie so lekker en lank as wat hulle gehoop het nie, nou moet die vaxers vinniger gaan en opvolg spuite kry. Presies my punt van so tyd gelede. Voor jy jou oë uitvee, moet jy maandeliks gaan vir jou “booster”.

Ha ha ha ha – doen dit sommer by die petrolstasies; Maak jou motor se tenk vol, terwyl jy jou maandelikse jab kry.

piet ·

Natuurlike immuniteit hou ook nie lank nie…….vat maar die kans en hoop jy gaan die nuwe variant ook oorleef sonder die spuit (booster). Sterkte.

VaalDonkie ·

Ja, die mense wat die oorspronklike SARS gehad het, het tot vandag toe nog immuniteit. Dis baie jare later.

VaalDonkie ·

Kry ‘n gratis begrafnis saam met elke 10de inspuiting!

Di ·

Hierdie land het letterlik inent mal geword. Sal enige iets doen om net meer inentings te kan doen. Se weer dat hierdie als net oor een dink gaan GELD MAAK.

Hennie ·

Wat maak hierdie snert nuuswaardig? Julle mors my skerm se ink! ????

Nommer 7 ·

Baie mense se^ dieselfde van die weervoorspellings. Vir ander is dit weer ‘n bron van inligting.

Lollapop ·

Nie snert haal jou oogklappe af wil jy nie weet wat in die wereld aangaan nie dit raak ons almal

Lollapop ·

Ek werk in mediese bedryf so weet van beter, sal eerste wees wat my arm gee vir opvolgdosis, miskien moet die non-waxers maar hul kommentaar vir hulself hou, ons sal nooit na normaal kan terugkeer met sulke optrede nie.

MakersMark ·

Stem. Ek ook. Moeg vir die spul AVr se onintelligente storetjies, sonder enige statistiek of bewyse. Hul kan nog steeds nie antwoord hoekom sterftes agv CV19 na 5 bn wereldwye inentings met 95% afgeneem het nie.

Nie Verbaas ·

Julle is snaaks. Jy het duidelik geen idee wat in die res van die wêreld aangaan nie. Wonder wat in Israel aangaan?

MakersMark ·

Weet presies wat aangaan. Doen ‘n berekening van CV19 sterftes as ‘n persentasie van infeksies wereldwyd voor en na inentings.

piet ·

In Israel word die inentingsveldtog opnuut verskerp, ek wonder hoekom?

Anna-Marie ·

Hoekom het lande met lae ent koers se sterftesyfers ook afgeneem teen dieselfde koers as hoogs gevaksineerde lande?
Miskien meer te doen met die virus self en sy evolusie as met vaksienes? Of dalk het natuurlike immuniteit ook ‘n rol gespeel, iets wat die provaksers nog nie van gehoor het nie. God het ons alles gegee wat ons nodig het om te lewe en om Hom te dien. Immuniteit en liggaamlike herstel is ‘n gawe – gratis en verniet vir elke mens.

MakersMark ·

Aa jy weer siek word aan enige iets weier asseblief enige medisyne en wag op jou godgegewe imuunstelsel om jou gesond te maak. Vir sekere kwale gaan jy lank wag – of dalk nie.

VaalDonkie ·

Illse, ek het reeds COVID gehad en herstel. Waarom moet ek twee jaar gelede se enting kry? Wat gaan dit doen vir my?

Lollapop ·

Verhoed dat jy ernstig siek raak as jy weer covid kry, kom kuier vir jou maatjies hier le heelwat non-vaxers in hospitaal

MakersMark ·

95 % van ALLE opnames is AVr’s. Dis wat die statistieke sê. En niemand kan dit verander nie.

VaalDonkie ·

60% van opnames is ongewakstes. En 60% van Suid-Afrikaners is ongewaks. So wat vertel dit vir jou?

VaalDonkie ·

Nee Illse, dis nie hoe dit werk nie. Die entstof keer nie dat jy COVID vang nie. Slegs immuniteit nadat jy COVID gehad het doen dit. Rerig. Maar moenie my woord daarvoor vat nie. Gaan lees maar.

Mercia ·

Jy hoor nie wat hy sê nie Ilse……oorgrote meerderheid het reeds covid gehad sonder dat dit uitgeloop het op hospitalisasie of enige ernstige newe effekte en dit alles sónder die spuit…….. Dan behoort dit nie te moeilik te wees om te verstaan dat daar vir daardie mense maar min motivering oorbly om daardie spuit te kry ten alle koste nie…….

Lood ·

Ek dink die J&B teenmiddel is net so effektief – Geborg deur Justerini & Brooks.

Christine ·

Doen jouself ‘n guns en gaan soek iewers die ware statestiek van wat in Israel aan die gang is – hulle trek al by spuitjie nommer vier. Dit behoort ‘n groooooot, bloedrooi vlaggie op te stuur wat sterk wapper. Dan is dit ook interessant hoe hulle in die lig van hierdie hoë infeksie en sterftesyfers hulle grense wyd oop maak vir toeriste en jy hoef nie eers meer gespuit te wees nie! Ek hoop en bid die gemiddelde Suid Afrikaner is slimmer as dit om in die tou te gaan sit (is daar toue?).

piet ·

Christine – Israel verskerp hul inentingsveldtog. Dink jy regtig hulle sal so stupid wees om mense booster shots te gee en dit help nie. Komaan dink nou ‘n bietjie man. So terloops net 66% van hul bevolking is ten volle ingeent. Dis baie laer as ander lande. Dalk n ie die beste voorbeeld nie.

piet ·

So misluk ons in vergelyking met ander lande: Holland = Amper 98% ten volle ingeent, Swede amper 99%, Engeland 82% (het al 3 shots gekry), Duitsland 75%. Australie 99% van alle volwassenes, ens.

VaalDonkie ·

80% van Suid-Afrikaners het al COVID of ‘n inspuiting gehad. Wees bly. Dis hoekom ons nommers so goed lyk vergeleke met Europa. Rerig, ek dink ons is beter af as wat die spuit-statistieke uitmaak. Selfs al gee ek toe die natuurlike immuniteit is nie beter nie moet mens tog aanvaar dat 80% van die mense al bewys het hulle kan COVID oorleef en het nou teenliggaampies en sal later nog altyd B- en T-selle oorhou vir as COVID weer aanklop.

Dinge lyk eintlik goed vir ons. Ons moet net weer nugter begin dink.

piet ·

Ek het reeds gese natuurlike immuniteit hou ook nie baie lank nie. Tref voorsorg en ent jouself sodat jy beter beskerming het teen ‘n nuwe variant. Dis wat die wetenskaplikes aanbeveel, nie tant Stienie op die vlakte nie.

VaalDonkie ·

Natuurlike immuniteit hou vir ewig. Dis hoe jou immuunstelsel werk. Die ouens wat SARS-1 gehad het, het NOU NOG immuniteit. Dit gaan nog lank vat voordat SARS-2 so ver muteer dat hy natuurlike immuniteit vryspring. Komaan man.

Hulle toets vir teenliggaampies en dan verdwyn die “natuurlike” teenliggaampies vinniger as die inspuiting s’n (want die virus is dood, anders as die mRNA spikes wat lank rondhang). Maar dis normaal. dis hoe jou immuunstelsel werk. Maar jou B- en T-selle bly agter vir ewig. En wanneer COVID weer kom, dan word hulle geaktiveer. Maar hulle meet nie daai’s nie. Want in 2020 het die hele wereld vergeet hoe die menslike liggaam werk.

piet ·

So terloops – darem stil geraak aan die Ivermektien veedip front………..

VaalDonkie ·

Jy kan milbemycin gebruik vir jou diere. Is ook ‘n Avermectin (medikasies in die klas van Ivermectin)

Marius ·

Wens hul wil ophou lieg. Almal weet wat aangaan. Miskien is dit beter om die wagtydperk te halveer. Ten minste sal daar meer mense vinniger doodgaan en die oorbevolking verlig.

piet ·

Weet iemand wat met die klagtes teen Dr Susan Vosloo gebeur het? Lyk my die storie is onder die mat gevee.

MakersMark ·

Dink daar is soveel snert kwytraak ons sal nie sommer weer uit daai oord hoor nie.

piet ·

Sy’s amptelik aangekla by die haar professionele liggaam. Ek wonder hoe vorder die proses, dis al 6 maande nadat sy haar snert kwytgeraak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.