Wapens, dwelms by leerders gekry

(Foto: Verskaf)

Dagga, messe en sigarette is Donderdag tydens ʼn soek-en‑beslagleggingsoperasie by leerders van drie hoërskole in Barberton, Mpumalanga, gekonfiskeer.

Die operasie is deur die verkeersintervensie-eenheid (VIE) en polisie uitgevoer. Dit maak deel uit van die skoolveiligheidstrategie van die regering.

Volgens Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, is van die dagga in vuurhoutjieboksies gevind.

“Van die leerders wat in besit van dagga betrap is, het verklap wie hul verskaffers is,” sê Shongwe.

Hierdie inligting het die span na ’n nabygeleë motorwassery in die dorp gelei. Daar is beslag gelê op twee 20 liter-emmers vol dagga en twee verdagtes is in hegtenis geneem.

 

(Foto: Verskaf)

Die skole sal interne stappe teen die leerders doen.

Shongwe sê dit is diep teleurstellend dat daar ondanks al die programme en bewusmakingsveldtogte wat die departement met belanghebbendes in skole voer, steeds hierdie vlakke van misdadigheid in skole gevind word.

“Ons sal wel voortgaan om steeds die programme by skole reg oor die provinsie uit te voer. Ons bly vasbeslote in ons pogings om ons skole veiliger te maak.”

Hy blameer ook diegene wat die leerders van dwelms voorsien.

“Hierdie kinders is ons toekoms, ons moenie ons land se toekoms aan hartelose en gewetenlose mense oorgee wat nie vir ons land se toekoms omgee nie.”

Hy het ook by leerders en jongmense gepleit om meer op hul studies te fokus en ʼn positiewe leefstyl na te streef.

“Kinders moet eerder opkyk na die positiewe rolmodelle in die samelewing en ophou om in die spore van slegte karakters te volg.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Waarnemer ·

Foeitog en van hierdie leetders is seker jonger as 12 jaar oud en mag dus nie strafregtelik vervolg word vir die besit van gevaarlike wapens en dwelms nie want hulle is “nie toerekeningsvatbaar nie”.Ek se slaan elke leerder se gat flenters met die dunste rottang beskikbaar maar as hy bo 16 jaar is,kla hom aan en sluit die wetter toe….drie kwart van die graad agts is in elk geval bo 20 deesdae.

Charmain ·

Mnr die LUR dit gaan “diep teleurstellend” wees tot die dag wat dissipline weer deel is van die skool sillabus. Onderwysers is magteloos teen hierdie kriminele want almal het mos “menseregte”

Nie Verbaas ·

Ek wonder na watter tipe toekoms van die leerders verwys hy met die 30% en al?

Elize ·

Hulle moet elke dag by skole toeslaan. julle weet nie hoe erg die probleem is nie en hoe gouer hierdie bloedjies vasgevat word hoe beter.

Wildemien ·

Lesufi se reputasie loop hom vooruit! Hy maak eintlik net moeilikheid in Gauteng waar hy koning kraai.

AmY ·

Interne stappe?
In my dae op skool was interne stappe ‘n pakslae.
Wanneer leerders met dwelms gevang is, is hulle onmiddellik geskors.
Maar vandag het hulle mos ‘menseregte.’
Geen wonder die tronke is so vol.

Kruidjie-roer-my-nie ·

Al klaar kriminele. Dis hoekom hul onderwysers en ander leerlinge aanrand. Sulke leerders MOET uit die skool sisteem gehaal word en weer na Verbeterings skole gestuur word waar hul vasgevat word. Soos in die ou dae. Hul hoort nie tussen onskuldige leerders nie!

Elma ·

Hulle is seker ook nie toerekeningsvatbaar nie. Siestog shame, ons is mos ‘n kinders….

Di ·

Hulle WIL NIE leer nie. Meerderheid sit net in skole om die getalle vol te maak en omdat hulle VERPLIG is. Hierdie tipe verander nooit nie, so opgevoed en so laat staan. Sterkte aan alle onderwysers in die skool wat met hierdie spul moet opgeskeep sit elke dag. Nou kan ons duidelik sien waarom daar so baie drama in die skole is

Wildemien ·

SA het dan al geruime tyd gelede dagga wettig gemaak? Nou hoe nou.

Jr ·

Maar hulle moet in ons skole wees. Volgens my as my kind gevang was met hierdie goed het ek hulle self dood gemartel met die pakslae van hulle lewe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.