Waterbeperkings vir Tshwane

Inwoners word gewaarsku om water spaarsaam te gebruik. (Foto: Unsplash)

Alle gebiede in die Tshwane-metro is met onmiddellike inwerkingstelling onderhewig aan fase 1-waterbeperkings.

Weens ʼn daling in reservoirvlakke het Rand Water aanvanklik drie gebiede in die metro op fase 3-beperkings geplaas. Die streke het ingesluit buurte in die noordweste van die stad, waaronder Ga-Rankuwa, Mabopane en Rosslyn.

Dit is Donderdag uitgebrei tot ʼn fase 1-beperking vir die hele Tshwane-metrogebied.

Die Tshwane-metro sê die aanvanklike waterbeperkings in die drie gebiede is ingestel om te keer dat die hele verspreidingsnetwerk in duie stort en was die enigste werkbare opsie.

“Die metroraad herhaal sy oproep aan alle inwoners om waterverbruik te verminder. Inwoners word ook herinner dat die waterbeperkings wat vantevore in werking gestel is in ooreenstemming met munisipale verordeninge oor water nooit herroep is nie en steeds van krag is,” sê Lindela Mashigo, woordvoerder van die Tshwane-metroraad.

Inwoners mag onder meer nie tussen 06:00 en 18:00 hul tuine met ʼn tuinslang of besproeiingstelsel natlei nie, voertuie mag nie met tuinslange of hoëdrukstelsels gewas word nie en swembaddens mag nie opgevul word nie.

“Die stad doen ʼn beroep op almal om saam ʼn poging aan te wend om waterverbruik te verminder deur by die waterbeperkings te hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Johann ·

NOG n ANC Legacy van absurde onbesonne onbevoegdheid!!!!!!! Bloot geen vermoë om te beplan of vooruit te dink nie.

Stefaan ·

As hulle al die pype wat lek reg maak sal daar nie ‘n probleem wees nie.

Jessey ·

Heeltemal te veel gevra. Dan moet hulle actually werk doen

Harley Davidson ·

Die infrastruktuur moet aangepas word met die aanwas van die populasie daar moet nie water beperking wees nie maar geboorte beperking moet gepromoveer word.

Elmarie ·

Snaaks dat die stadsraad water laat spuit vir meer as twee dae waar die waterpype deur Fiber mense stukkend gekap word. Mens kan maar rapporteer tot jy blou is en hulle steur hulle nie daaraan nie.

JohanR ·

Piet – En die DA moet probeer om jare en jare van ANC gemors regering in Pretoria eers te probeer reg maak, voor hulle eers kan begin om te regeer. Soos Ma vat in die huis instap reg om met aand ete te begin, dan sien sy dat Pa het middag ete gemaak vir homself en die kombuis net soe gelos. Nou moet Ma eers die kmbuis aan die kant kry nog voor sy met aand ete kan begin. Soe in die gaval is aand ete ‘n uur later. In die DA/ANC geval is aandete seker oor die 20 jaar later!

Grond ·

JohanR, jy klink soos die ANC wat nie die mas opkom en dan apartheid die skuld gee.

KB ·

Hier gaan ons weer!
Miskien moet ons begin by swak weervoorspellings…g’n mens kan beplan as jy nie eers weet wanneer en waar dit gaan reën/sneeu nie.

KB ·

Hoe kry Tshwane dít reg (om waterbeperkings in te stel) met die Vaaldam wat op 26 Aug.2021 88.4% vol was?
Dit sê vir my Tshwane se opgaardamme/hidro-afdeling is te blameer. Waar is die hofsake?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.