Welkom-onderneming verwoes; geen brandweerwa beskikbaar

Woodmasters (Foto: VF Plus)

Die VF Plus veroordeel die jongste voorval waartydens Woodmasters, ʼn bekende onderneming in Welkom in die Vrystaat, afgebrand het weens die Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) se onvoldoende brandweertoerusting.

Dié brand het Dinsdagmiddag uitgebreek. Na bewering is vyf brandweermanne met ʼn bakkie en ʼn brandslang by die toneel afgelaai.

Manie Pretorius, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit, sê inwoners en sake-eienaars het self ingespring om die brandskade te beperk.

“VF Plus-verteenwoordigers het die brandweerstasie besoek en het daar verneem dat die munisipaliteit geen werkende brandweerwa beskikbaar het nie. Die situasie is ontstellend en die swak diens onaanvaarbaar. Dit is weereens inwoners wat onder die wanbestuur en nalatigheid van ʼn ANC-beheerde munisipaliteit moet ly.”

(Foto: VF Plus)

Pretorius sê die VF Plus sal vrae in die raad rig aan die burgemeester, Thanduxolo Khalipha, en sal ʼn verduideliking eis rondom wat Matjhabeng beplan om te doen aan die tekort aan brandbestrydingstoerusting en kundigheid.

Die VF Plus bedank die publiek en sakelui wat gehelp het om groter brandskade te voorkom. “Die inwoners van Matjhabeng verdien betroubare nooddienste en ʼn beter regering as die ANC.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dries ·

Verbeel ek my of staan daar n multimiljoenrand se brandweerstasie êrens naby Virginië,en stof vergader.

Miskruier ·

Modimolle het ook een, en tog moet die boere kom brande blus.

Koos 100 ·

En daarvoor betaal ons belasting! Geld is daar om fancy karre vir hoës te koop!

Nie Verbaas ·

En die ANC is maar te trots op hulle totale onbevoegdheid. En hulle verlang of eerder eis respek?

Christine ·

Ek hoop hierdie gebeurtenis laat elke dorp en stad se politieke partye regop sit om dadelik ‘n besoek aan hul brandweerstasies te maak. Bygese, Welkom is seker een van die dorpe in ons land met die meeste misdaad.

Harley Davidson ·

Ek het nie geweet die Vf+ bestaan nog nie laas van Dr Groenewald gehoor voor die munisipale verkiesing maar dit daar gelaat die munisipaliteit moet verantwoordelik gehou word vir die skade want die inwoners betaal belasting vir brandweer dienste.

Papsak ·

ANC trots op hulle onooslikheid en agteruit gaan want hier is niks in orde nie en niks in vooruitgang nie alles verwoes en af gebrand

Swerwer ·

Nou wat is verwag, niks wat in die hande van die Kommunis beland, is in ‘n werkende toestand nie. Al wat ‘n kommunis ken is moord en vernietiging.

Jakes ·

Dis n skande en n treurmare. Feit is dat as 3% van dorpe of stede in SA n betroubare brandweer diens het sal dit n wonderwerk wees. Die Vrystaat is mos die plek waar Ace en sy matertjies se korrupsie begin het.

Roek ·

En die kader manne lag al die pad bank toe , Dit is soos die versekering maatskapy wat se dit is te laat , hier is geen salf meer om aan te smeer nie !! SKANDE !!

Marcello ·

Wow !!! Ek dink ander Munisipaliteite kan by George gaan kers opsteek, hulle is viniig en doeltreffend, met voertuie waarop hulle kan trots wees.

Herman ·

Ons kan ook net noem dat George nie ‘n ANC munisipaliteit het nie. Dit maak klaar ‘n reuse verskil. Op talle ander gebiede is hulle ook baie suksesvol. In die mynbedryf en industrie in Suid-Afrika word Bestuurders en Ingenieurs aanspreeklik gehou vir veiligheid en staar selfs kriminele vervolging in die gesig afhangende van die situasie. Waarom nie in ander departemente en regeringstrukture nie? Hier praat ons mos nou van growwe nalatigheid. Die munisipale bestuurder en die burgemeester behoort arresteer te word, veral waar menselewens op die spel geplaas is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.