Wes-Kaapse kiesers positief oor hul provinsie

Kaapstadse stadsaal. (Foto: Stad Kaapstad/Facebook)

Vier uit vyf geregistreerde kiesers in die Wes-Kaap meen hul provinsie word beter bestuur as die res van Suid-Afrika, hoewel net een uit twee Xhosa-moedertaalsprekers dié sentiment deel.

So toon navorsing wat onlangs deur die Social Research Foundation (SRF) in die Wes-Kaap onder geregistreerde kiesers onderneem is.

Een uit twee werklose persone in die provinsie meen die Wes-Kaap word veel slegter bestuur as die res van die land, ʼn sentiment gedeel deur een uit twee inwoners van informele nedersettings (townships).

EFF-ondersteuners is ook geneig om die negatiefste oor die provinsie se bestuur te wees met een uit twee wat dink die Wes-Kaap word heelwat slegter as die res van Suid-Afrika bestuur.

Provinsiale trajek

In ander navorsing deur die SRF blyk dit ook dat hoewel die oorweldigende meerderheid Wes-Kaapse kiesers dink Suid-Afrika is in die verkeerde rigting op pad, is hulle veel meer positief oor hul eie provinsie.

Waar vier uit vyf meen Suid-Afrika is in die verkeerde rigting op pad, huldig net meer as een uit drie dié siening oor die Wes-Kaap. Weer eens is Xhosa-moedertaalsprekers minder positief oor die provinsiale stand van sake met drie uit vier wat meen die Wes-Kaap is óók op die verkeerde trajek.

Wanneer dit kom by hierdie kwessie word die tendens voortgesit dat werkloses, asook inwoners van informele nedersettings heelwat meer pessimisties is oor die land én hul provinsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Oosieoos ·

Feite spreek vanself. Al wat sleg is van Kaap is die weer. Net die wat korrup is en alles verniet wil hê sal oor Kaap kla. Res van SA het skandelik verval.

Johan D ·

Behale vir die bendeprobleem in sekere areas kan jy geensins enige ander provinsie met doe Wes Kaap vergelyk nie.
Moenie die probleme wat op die sentrale regering se boekies is op die Wes Kaap se regering plaas nie.

HPJ ·

Tipiese DA antwoord Blameer iemand anders Want dit is al wat hulle kan doe Die ANC Blameer Appartheid en die DA die blameer die ANC Dit is hoekom die DA se bynaam ANC LIGHT is

Kuver ·

Regtig wat van bende geweld in die Oos Kaap, Gauteng ens, dink asb eers voor jy praat, die Wes Kaap is n voorbeeld van hoe hierdie land bestuur behoort te word en ja hulle het foute maar dis minimaal, los maar jou haat vir die DA en probeer bietjie positief wees

annie ·

Hul provinsie? Kom van elders en dan moet die tafel vir hul gedek wees. Die Wes-Kaap is gelaai met migrante van bo uit Afrika en hul speel toneel om hulself burgers te noem.

Laksman ·

In die land van die blindes is 1 oog koning. Weskaap dink ek word wel beter bestuur as die res (sien dit sommer aan die N1 as jy oor die grens ry) MAAR daar is steed BAIE ruimte vir verbetering.

Henry ·

die wes kaap moet onafhanklik word maar port elizabeth of dan gebergtes en sover as oos londen moet ingesluit wees
die wes kaap is baie beter teenoor die res van suid afrika

Republikein in die Wes Kaap ·

Sake vorder vinnig in daai rigting. Selfs die DA besef dit. Maar KZN gaan eerste onafhanklikheid kry. Terloops, ‘n land behoort aan sy mense. Indien Wes-Kaapenaars wil wegbreek sal niemand dit kan stop nie. Die regime het beheer verloor, en hul grondwet is ‘n stuk papier wat net vir een doel aangewend kan word.

Karoo ·

Kaap stad metropool met al sy uitlanders wat peper duur eiendom daar het doen uitstekend ja. Verder die semigrasie na George en Mosselbaai pluk ook nou die vrugte, en dan net oor die berg na Oudtshoorn val die paaie uit mekaar, munisipale diens fooie is nou verdubel en 50% van alle “eienaars” kry “deernis” so die ander 50% moet die hele dorp dra.

Staal ·

Nou laat die lot wat kla,terug gaan na waar hulle vandaan kom. Diegene wat ‘n vraag het oor bestuur in die Wes-Kaap, doen eers julle navorsing voordat jy stellings maak wat jy nie kan staaf nie.

AH ·

Ek wonder hoeveel van diegene wat sulke negatiewe kommentaar oor die Wes-Kaap regering het al in ander provinsies gewoond en gewerk het! Glo my hulle sal ‘n ander deuntjie sing as hulle al gewoon het waar daar nie vullesverwydering plaasvind nie of jy bang is jou voertuig word deur slaggate beskadig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.