WGO hou nuwe Omikron-subvariant fyn dop

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Jam Sta Rosa/AFP)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het bevestig dat ʼn nuwe, sterk gemuteerde Covid-19-subvariant in tien lande geïdentifiseer is, en fyn deur die organisasie gemonitor word.

Dié subvariant staan amptelik as BA.2.75 bekend en is deel van die Omikron-linie. Twitter-gebruikers en sommige nuusinstansies verwys na die subvariant as “Centaurus”, hoewel dit nie ’n amptelike naam is wat deur die WGO toegeken is nie.

Dit is reeds in 10 lande, waaronder Indië, Australië, Nieu-Seeland, Japan, die VSA, Verenigde Koninkryk en Duitsland, geïdentifiseer, maar nog nie in Suid-Afrika opgemerk nie.

Daar is tans verskeie menings oor die kwessie of dié subvariant kommerwekkend is.

Dr. Soumya Swaminathan, hoofwetenskaplike by die WGO, het vroeër die maand op Twitter gesê daar is nog nie genoeg monsters om die erns van die subvariant te bepaal nie.

 

Prof. Shabir Madhi, dekaan van Wits se Fakulteit vir Gesondheidsdienste, het Dinsdag aan Maroela Media gesê dat die subvariant – soos ander subvariante – mutasies bevat wat beteken dat dit teenliggaampies moontlik kan ontwyk.

Dít beteken dat mense wat teenliggaampies weens vorige infeksie of inenting opgebou het, dalk nie voldoende weerstand teen nuwe Covid-19-infeksies sal hê nie.

“Terselfdertyd is daar geen aanduiding dat die nuwe subvariant (of enige ander nuwe subvariante) tot ernstiger siektes sal lei of die deel van die immuunstelsel sal ontwyk wat ons teen ernstige siektes beskerm nie.”

Madhi sê hoewel die subvariant met verhoogde infeksiegevalle in verskeie lande verbind word, regverdig dit geensins paniek nie, omdat natuurlike immuniteit die meeste mense teen ernstige siekte sal beskerm.

“Die beste ding wat gedoen kan word, veral vir hoërisikogevalle, is om te verseker dat mense volledig en voldoende ingeënt is,” het Madhi gesê.

Antoine Flahault, direkteur van die Instituut vir Globale Gesondheid aan die Universiteit van Genève, het verlede week aan AFP gesê dat BA.2.75 se verspreiding in Indië wel daarop dui dat dit meer oordraagbaar kan wees as die BA.5-subvariant van Omikron, wat tans virusgolwe in Europa en die VSA aandryf.

“Dit lyk of dit die oorheersende variant in Indië word –  die vraag is egter of dit die oorheersende variant oor die hele wêreld sal word?”

Flahault sê vorige ernstige variante, soos Delta, was eers in die land waarin hulle ontstaan ​​het, oorheersend voordat dit oor die wêreld versprei het.

Hy meen dit is egter heeltemal te vroeg om te weet wat die erns van die BA.2.75-subvariant is.

Die Europese Sentrum vir Siektevoorkoming en -beheer het BA.2.75 vroeër vandeesmaand as “variant onder monitering” gelys.

Prof. Tulio de Oliveira, ʼn professor in Bioïnformatika by die Universiteit Stellenbosch, het Maandag getwiet dat hy nie saamstem met stellings dat die jongste subvariant kommerwekkend is nie.

Hy meen ondanks die bohaai op Twitter en in die media is daar eerstens ʼn lae styging in gevalle en sterftes in Indië. Hy sê daar is tweedens ook nie data wat “ʼn verandering in neutralisering en patogeniteit aandui nie”.

“Moenie die bohaai glo nie,” het hy by dié twiet geskryf.

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Witbaard ·

Laat die WGO hom maar fyn dophou. Ek en miljoene ander gaan aan met ons lewens. Ons skrik nie meer nie. Laat die maskerdraers maar wakker lê daaroor.

Johan ·

Ek is vandag weer by n kliënt gevra om n masker te dra…sadiste, so moeg v dit. Die arme mense wat elke dag dit moet dra net om hul werk te behou.

Robert ·

Bangmaak propoganda… ek skree nou nou op hulle soos Cele…

Manie ·

Net vanoggend gedink, hallaluja, ons word nie meer daagliks met Covid hoofopskrifte en data gebombardeer nie. Dankie tog dat daar medici is wat die WGO snert begin kritiseer.

Swerwer ·

Virusse en variante kan na gevors /ondersoek en dopgehou word deur die WGO en al die ander belangstellendes as dit jou tyd is om te gaan sal jy gaan. Daar gaan net weer variante of nuwe virusse uitkom waaroor geen beheer uitgeoefen kan word nie. Die feit is, die wêreld is oorbevolk en iewers moet balans verkry word. Dit is en bly maar ‘n natuur verskynsel.

Grens ·

Swerwer, die wereld in glad nie oorbevolk nie, dit is wetenskaplik bewys. Dit is net sekere dele waar mense op mekaar bly wat dit so laat voorkom.

piet ·

Grens, hulle stel nie belang in wetenskaplike bewyse nie…..

domheks ·

KYK HOE HOP KOPDOEK NOU VAN BLYDSKAP! Hehehehe. Wonder hoe gou sal ons weer opgesluit word – dit begin in put-sonder-water dan moet hier ‘n ramp toestand wees

KatjieDeKat ·

Jaaa griepe muteer altyd. Nie nodig om nou weer vrees te wil aanjaag nie, WHO!! Diegene wat verslaaf is daaraan om iets te hê om te vrees, het darem nou weer hul “fix” gekry. Ek is bly vir hulle part. Los die res van ons uit julle stories uit.

Faraway ·

Misdaad / massamoorde en padongelukke eis tans die meeste lewens en word daar ooit n nood toestand uitgeroep???
Dit skuil om elke hoek en draai!!!
Oorlog woed al 5maande EN . . . ???

Johan ·

Daar woed tans 34 erkende/verlaarde oorloë op die planeet, na watter een verwys jy?

Andrew ·

“Julle moet nog n booster kry en ten volle ge-ent wees (hoeveel shots dit ookal mag wees) so gou moontlik” sê dit als

Gaitsigubib ·

Daar is reeds afgekondig (deur Dr Fauchi) dat daar in universle ent gemaak is wat jaarliks gegee MOET word, wat jou dan kwansuis teen al die variante sal beskerm. Hy het reeds aan so enstof gewerk lank voor Covid n wereld pandemie geword het. Dit verbaas my dat die ou (Dr Fauchi) wat navorsing gedoen het in n lab om Corona virusse meer aansteeklik en dodeliker te maak vir mense, ook nou royalties onvang vir sy insette om die Corona entstof te vervaardig …… of laat ek eerder se dit verbaas my dat dit sommige mense skynbaar nie bekommer nie. Rand Paul het hom in die senaat daaroor uitgevra. Dit kan gesien word op youtube.

Anel ·

Ag, asseblief!! Watter goggas wil nou weer die babas bang maak? Ins is nou oor dit! Hier is dit nou winter en verkoue seisoen. En almal word nie altyd siek nie. Europa vrek van die hitte en geen virus is bestand teen daardie hitte nie. So wat probeer hulle vir ons sê? Of is hulle nou verveeld en hulle geld is op? Probeer iets anders. Ons val nie meer vir julle grappe nie!!!!

piet ·

Die virus is bestand tot temperature van 70 Grade Celsius. Ons het dan deur somer gegaan en die HOOGSTE effeksies het al in Januarie voorgekom.

VaalDonkie ·

piet, waarom as die virus nie omgee oor temperature nie, kom hy in golwe? Wat laat hom besluit, “raait, ek gaan nou weer almal siek maak!”?

Johan ·

I agree 100% with you Prof. Tulio Oliveira – there is too much hype, especially in the media and causes unnecessary fear! Keep up the excellent work you are doing.

Johan ·

Van die min wetenskaplikes wat hul beroep waag om die media uit te daag.

Nie Verbaas ·

“Die beste ding wat gedoen kan word, veral vir hoërisikogevalle, is om te verseker dat mense volledig en voldoende ingeënt is,” het Madhi gesê. Is die man ernstig en by sy volle positiewe of net oningelig?

Papsak ·

Hulle kry nou maar net nie genoeg nie patete almal van hulle wanneer gaan al die gemors nou tot einde kom se my ek is al keel vol want dan is dit aappokke dan is dit covid 19 dan is dir krag dan is dit water nou wragtig alweer ksatig omnikron wanneer wil dit einde kry julle maak almal bang stop dit nou ons nie meer bang nie ken julle speletjies noual so sorrie

Neestemmer ·

As jy kan glo daar is subvariante van ‘n variant van Covid, dan glo jy seker in die tandemuis ook . Mense wat met die ekonomiese gemors en inflasie geskep deur die regerinkies se Covid plandemie, gee nie meer om nie en gaan ook nie weer die instansies wat ons belieg het die afgelope 2+ jaar ooit weer vertrou nie.

Maroela moet ook eerder aanbeweeg, die Covid perd is nou dood en hongersnood, misdaad en armoede en “vaccine mandates” is groter probleme wat meer mense doodmaak as wat Covid ooit kon doen….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.