Wiskunde-fundi met ‘n passie vir Spaans

Ewan Basson (Foto: Verskaf)

Ewan Basson het ‘n passie vir wiskunde … en Spaans. Daarom dat hy bitter graag dié land wil besoek sodra hy die kans kry.

Ewan het tien onderskeidings tydens die onafhanklike eksamenraad se matriekeindeksamen verwerf en gaan vanjaar medies aan die Universiteit van Pretoria studeer. “Ek het hard geleer en goed voorberei. Ek het nou die vrugte daarvan gepluk,” het Ewan aan Maroela Media gesê.

Hy het amper 100% vir wiskunde in sy matriekeindeksamen behaal en het verlede jaar die boekprys vir wiskunde by Helpmekaar Kollege in Johannesburg verwerf, met ʼn gemiddeld van 99,34% vir dié vak. Hy het ook landwyd ʼn derde plek behaal in Beeld se wiskunde olimpiade.

Hy is nie ʼn man wat hom maklik oor die toekoms bekommer nie en sê ook hy was verbasend rustig terwyl hy gewag het vir die matriekuitslae om bekendgemaak te word. Hy het medies gekies omdat dit so ʼn onvoorspelbare veld is.

Sy ander groot liefde is Spaans, waarvoor hy óók verlede jaar die boekprys ontvang het. “Ek het ʼn baie passievolle onderwyser gehad, wat self uit die hartjie van Spanje afkomstig is en sy het by my ʼn liefde vir die Spaanse mense en kultuur gekweek.”

Hy het nog nie die voorreg gehad om dié land te besoek nie, maar sê hy sal die eerste kans aangryp om dit te doen.

Wanneer hy nie wiskunde doen of Spaans leer nie, speel Ewan graag klavier. Hy is tans besig om sy gr. 8 Unisa-klaviereksamen te voltooi. “Vir my is die klavier ʼn uiterlike weerspieëling van innerlike gevoelens.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LIEZL ·

Mooi Ewan, ken jou glad nie, maar saam met jou opgewonde. Spanje is ‘n lieflike plek, jy kan gerus besoek. En wie weet, miskien wag daar iewers ‘n klavier vir jou om gespeel te word deur die Suid-Afrikaanse outjie wat gek is oor Spaans, Mooi so

Papsak ·

Mooi so jong man jy maak harte warm klop van trots mag alles blink op jou toekoms vorentoe trots op jou !!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.