‘Wit olifant’-hospitaal kos nou al R733 miljoen

Die AngloGold Ashanti-hospitaal in Mei 2021 (Foto: GautengProvince/Twitter)

Die totale koste van opknapping aan die Ashanti-hospitaal in die verre Wes-Rand beloop nou al R733 miljoen, insluitend die boukoste van R588,5 miljoen en mediese toerusting wat vir R144,4 miljoen aangekoop is.

Jack Bloom, die DA se woordvoerder vir gesondheid, sê dié bedrae is onthul in die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se verslag oor die regering se Covid-19-spandering wat gister vrygestel is. Volgens die SOE is ses van die kontrakteurs onreëlmatig deur die Gautengse departement van infrastruktuurontwikkeling aangestel. Hulle is aangestel sonder ʼn kontrakbedrag, sonder enige inligting oor hoeveelhede en sonder ʼn omvang van die werk wat gedoen moet word.

“Werk aan die hospitaal het in April 2020 begin nog voor die koste en pryse goedgekeur is. Alhoewel die opknappingsbegroting R50 miljoen was, het dit raaiselagtig verhoog tot meer as R500 miljoen.”

Die hospitaal is deur die AngloGold Ashanti-mynmaatskappy beskikbaar gemaak, maar geld is daarop spandeer nog voor ʼn wettige oordrag van die eiendom na die Gautengse provinsiale regering gemaak is.

Daar moes 175 hoësorgbeddens wees vir Covid-19-pasiënte, maar die hospitaal is in Mei verlede jaar slegs gedeeltelik oopgemaak en het slegs agt ernstige siek Covid-19-pasiënte behandel.

“Werk aan hierdie hospitaal is nog steeds nie heeltemal afgehandel nie en die SOE beveel aan dat alle betalings vir die opknapping opgeskort moet word. Na my mening moet verdere betaling aan personeel en toerusting ook opgeskort word. Dit was ʼn monumentale fout om soveel geld aan ʼn hospitaal te spandeer wat so ver van groot bevolkingsentra geleë is. Ons kan meer lewens red deur geld te spandeer aan bestaande hospitale wat Covid-19-pasiënte moet behandel,” het Bloom bygevoeg.

Hy meen die SOE het ʼn uitstekende werk gedoen om grootskaalse korrupsie met dié projek te onthul. “Daar moet nou ook politieke aanspreeklikheid wees en strafregtelike aanklagte teen almal wat geïmpliseer word in dié reusagtige vermorsing van geld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Shakespeare ·

Die SOE het uitstekende werk gedoen ???? DÎT is ongelooflik want korrupsie in hul midde is “rampant”.

Johann ·

Goeie voorbeeld van wat met die bankrot ANC se Nasionale Gesondheids Stelsel oppad is.

Marius ·

Daar loop nou weer ‘n paar ouens wat se sakke knop staan van al die slegtigheid.

casper ·

En hulle het ;n volle werkende myn hospitaal verniet gekry !!!
Pure self verykking !!

Casper ·

Hospitale ressorteer mos onder die nasionale departement van gesongheid.Wie was hulle minister gewees.Hoeveel land cruiser is aangekoop.

Martie ·

My magtag man, maak die werk klaar en maak die hospitaal oop!

Kokerboom ·

Die kaping en roofkultuur van ANC hou net aan en aan! Leer Tesourie en CR NOOIT!!MM hou ons op hoogte van die nuwe gemors! Ons VERAG die ANC!!!Aksie?????

pieter ·

Hier in vereeniging by die kompanong hospitaal is daar ook so n half klaar nuwe hospitaal, hulle het weer lekker geskep .

Frank John ·

Moenie worry nie, dis geld wat die Covid-Instagaters aan hulle dubbel en dwars terug besorg. Maak nog wins daarop ook. En baie se sakke is geline.

Swerwer ·

Nou wat is daar verwag? Eerlikheid? Nèè!!!!!!!! Nie solank die ANC aan bewind is nie. Waarom moet die hospitaal slegs vir Covid gevalle gebou word. Gebruik dit nou as ‘n algemene hospitaal want diè wat daar is, is reeds verniel tot in die grond in.

Tanniepetoors ·

MM moet my nou keer, want anders praat ek nou baie lelik. Mkize, jou dag in die hof kom.

Yvonne ·

Hoe bitter tragies die resultate van uiterse korrupsie. Hoe is dit moontlik dat soveel geld uit gegee word sonder dat iemand n vraag vra…..verrot tot op die been

Mieke ·

Hoe is dit moontlik dat die gewone man op straat geen sê kan hê oor die regering nie? Dis veronderstel om ’n demokratiese regering te wees, en intussen sorg hulle net vir hulle self! En ons staan magteloos en hulpeloos? Ek kry ‘n gal aanval!

Carolina ·

Elke keer as ek dink hulle kan my nie meer skok nie dan stel hulle nie teleur nie want daar is die volgende bom skok!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.