WK het dié bloed vir net nog een dag

bloedskenk

Foto ter illustrasie (Argieffoto)

Die Wes-Kaapse Bloeddiens sê die provinsie se voorraad vir die bloedgroep O+ is sedert die begin van Oktober gevaarlik laag en hy het ʼn beroep op inwoners gedoen om bloed te skenk.

Daar is tans slegs een dag se bloedvoorraad vir O+ in die provinsie oor, dít volgens ʼn boodskap wat Woensdag aan skenkers uitgestuur is. Bloedvlakke is sedert die begin van die maand reeds onder druk in die Wes-Kaap.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) se webwerf is die beskikbaarheid van die bloedgroepe B+ en O+ oor die hele land uiters laag. Daar is slegs vir 3,3 dae voorraad van hierdie twee bloedgroepe oor.

Volgens Marike Gevers, bestuurder van openbare betrekkings by die Wes-Kaapse Bloeddiens, streef die Bloeddiens altyd daarna om ʼn bloedvoorraadvlak van vyf dae te hê.

“Dit neem net ʼn halfuur van jou tyd om bloed te skenk en jy kan tot drie lewens red met een skenking,” het Gevers by mense gepleit.

Volgens die Bloeddiens kan jy bloed skenk indien jy tussen 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, in goeie algemene gesondheid is en ʼn veilige seksuele leefstyl lei.

Kyk hier vir plekke naby jou waar jy kan gaan bloed skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Great ·

Laat Discovery en Sanlam se mense bloed skenk. En PSG. Die instansies beweer mos dan ons ongeënte mense mos gevaarlike bloed het. Diskriminasie op sy beste. Nou hou ons daarby. Kom nou SANBD, maak julle stem dik!

Corne123 ·

Ek het jaare lank klokslag bloed geskenk so ook my oupa vir meer as 60jaar die dag toe hy 1 punt benodig moes medies dit teen duurdte terugkoop.Ons het dus die reeling weet wie vir wie op bystand is en sal dan ingaan en bloed gee

Jacques ·

So wat van die bloed-diens betaal die skenkers iets, ek glo van die ander lande doen dit. Is dit nie miskien die antwoord nie?

VaalDonkie ·

Nella, dit gaan nie oor iets terugverwag nie. Dit gaan daaroor dat ek dit verniet moet gee, maar as ek daai selfde sakkie bloed nodig het, betaal ek honderde Rande daarvoor.

Christiaan J ·

As my taal nie goed genoeg is vir die bloedbank nie, dan is my bloed ook nie goed genoeg nie.

Phillip ·

Bloedbank gee op elke 2de skenknig kry jy n geskenk het gister my bloed gegee dit gaan oor vreiwilig en ek skenk ook my orgaane beenmurg en skenk wat hulle ook al kan oes moet hulle oes en is ook vreiwillg die res gaan oond toe .

Nella ·

Ek weeg netnet 50 en kan nie wag om bloed te skenk nie. Soms is my ystertelling so laag of my bloeddruk te hoog, dan kan ek nie skenk nie. Ek is dan so teleurgesteld in myself. Ja, ek kry so nou en dan ‘n geskenk van hulle. Ek het op 24 Sept (braaidag) ‘n braaitang gekry met hul logo op. Maar sou nog steeds geskenk het. Na die skenking wou ek uitpass, toe is my bloeddruk vreeslik laag en moes ‘n hele rukkie op hul beddens bly lê en res van die die dag dronk en duiselig, maar volgende dag toe voel ek weer sharp. Ek het my deel gedoen. Ek het dringend bloed nodig gehad in 1997 en van daar het ek besluit om bloed te skenk.

melaney ·

Ek het nog nie die inenting ontvang nie. My groep is O+. Net jammer ek bly so ver.

Paulien ·

My man was vir jare ‘n bloed skenker, 3 jaar terug kry hy vierdubbele hartomlyning en die medies moes net oor R80 000 betaal vir die bloeddiens. Ek verstaan daar is baie prosesse wat gevolg moet word na die bloed geskenk is, maar sjoe daai bedrag was rof. As hulle R80 000 kan vra vir bloed (ek is nie seker oor hoeveel sakke hulle gebruik het in teater nie , maar na die tyd was dit twee) , dan kan hulle mense R100 betaal om te skenk, dan sal daar nooit tekort wees nie.

Belinda ·

Eks nie ingeënt nie, siende die mense mos diskrimineer teen ons, sal ek nie skenk nie, sorry.

VaalDonkie ·

Toemaar, jy word soos royalty behandel as hulle iets van jou wil he. Dis net wanneer jy iets van hulle wil he dat jy “melaats” is.

Nico ·

Blykbaar mag beide ge-vaksineerd en nie-gevaksineerdes wel bloed skenk.
Net baie vreemd dat ons nie-gevaksineerdes soos melaatses behandel word maar ons bloed is welkom vir die geldwolwe in die mediese bedryf.

Jeffrey ·

Ek ly aan hemochromatosis. (ken nie afrikaanse spelling nie) wat beteken ek het n oormaat yster in my bloed en al hoe ek dit kan afbring is deur bloed te laat aftap. Ek gaan skenk wel bloed wanneer ek kan, ek moet my bloed elke drie weke laat aftap by die dokter om my vlakke normaal te hou en word dit dan weggegooi. Dis entlik tragies dat ek nie eerder elke drie weke my bloed vir hulle kon gee nie. En ek is juis b+.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.