YouTube waarsku oor ‘Kill the Boer’

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die gelykheidshof in Johannesburg beskou nié die lied “Kill the Boer” as haatspraak nie, maar volgens die videoplatform YouTube is dit wel die geval.

Die gewilde platform het pas ʼn video verbied van lede van die EFF wat die omstrede lied buite die gelykheidshof sing aangesien dit op haatspraak neerkom.

Die joernalis en politikus Renaldo Gouws, wat die video op YouTube gelaai het, sê hy vind dit “ironies”.

Gouws sê aan Maroela Media hy het met die oplaai van die video ʼn boodskap van YouTube ontvang waarin hy in kennis gestel is dat die inhoud van die video nie geskik is vir advertensiedoeleindes nie omdat dit op haatspraak neerkom.

Hoewel YouTube nie die video verwyder het nie, verhoed die platform Gouws om as joernalis enige vergoeding daarvoor te ontvang.

Gouws het besluit om teen YouTube se besluit te appelleer en het aangevoer dat hy bloot oor ʼn hofsaak verslag gelewer het. YouTube het egter met sy beslissing volstaan dat die video nié aan die platform se riglyne voldoen nie.

Die video is Donderdag opgeneem kort nadat regter Edwin Molahlehi AfriForum se aansoek teen Julius Malema en die EFF oor die lied met koste van die hand gewys het.

Daar kan in die video van enkele sekondes lank gesien word hoe lede van die EFF uit volle bors “Kill the Boer” sing terwyl Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, verslaggewers buite die gelykheidshof rakende die uitspraak toespreek.

Die lied is reeds vroeër deur die Menseregtekommissie (MRK) tot haatspraak verklaar. AfriForum wou egter hê die hof moet Malema en sy aanhangers verbied om dit te sing.

Die hof het egter bevind dat AfriForum nie voldoende bewyse kon lewer dat die lied geweld veroorsaak het en gevolglik op haatspraak neerkom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Onnie ·

Daar is ‘n paar ou volksliedjies wat ons dalk moet afstof en weer sing. Lol.

Piet ·

Johan, jy en jou 25 smileys mis die punt van die video. You tube ook.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai tune is fine hier. Maar YouTube is gebaseer in ‘n land waar die woord “kill” beteken jy maak mense dood. Die lewe hier het mos geen waarde nie.

Alex ·

En die hof het geen logika dat dit wel skade gaan doen aan die wat nie logies dink nie….

Kobus ·

Mnr Gouws dink blykbaar dat lesers nie kan lees nie en dat sy berig nog visuele materiaal nodig het sodat ons kan verstaan wat hy probeer sê. Wees rustig mnr, ons kan wel lees en het nie nog daai opruiende gesingery nodig nie. Nice try vir sensasie soeker

Witwax ·

Ek dink dit is verwyder so dat die res van die wêreld nie kan sien wat hier in Suid Afrika aan gaan nie.
Ons eie president sê mos hier word nie wit boere vermoor nie.

Gaitsigubib ·

Jy is beslis reg. Dit wat in SA gebeur word dikwels in die VSA gebruik as n waarskuwing deur regse groepe soos die KKK. Volgens die aanvaarbare naratief is dit slegs blankes wat rasisties is en enige berig wat dit beaam kan/mag geplaas word.

JakkieB ·

Dit is nie verwyder nie, volgens die inhoud van die artikel:
“Hoewel youtube nie die video verwyder het nie, verhoed die platform Gouws om as joernalis enige vergoeding daarvoor te ontvang”

Watsenaam ·

Ek voel nes Onnie. Ons blankes word nou ge-onderdruk en sleg gemaak. So nou moet ons maar ook so n paar liedjies wat ons struggle beklemtoon, maak. Net jammer die blankes kan nie soos die “nuwe demokrate” dans nie, so, dit sal n sterk bewoorde liedjie, wat naby aan haatspraak kom moet wees, om ook die blankes se “struggle” te verwoord. Of so nie, moet ons maar die ou volkslied begin sing om ons misnoe te wys.

Manie ·

Vertoon net die ou vlag, hulle het ‘n heilige vrees daarvoor.

Oosieoos ·

Ja gouws julle sal ook enige iets doen vir sensasie sonder om ander mense se gevaar of gevoelings in ag te neem. Welgedaan You tube die saak is nog ver nie verby nie die regter se uitspraak is net politiek

Jaco ·

Ek gaan die EFF en die ANC begin vra om asseblief SA se wit mense na Europa en Amerika te deporteer. Dis reg so met my. Eks amper 55 maar eks ten volle bereid om met niks van vooraf in ‘n land te begin waar alles nie oor die regte en verkeerde velkleur draai nie.

Andries ·

Kan ons dan sing ” Kill the red beret”. Dit is glad nie haatspraak nie en verwys slegs na ‘n onooglike kledingstuk.

Herman L ·

As die hof en Gouws nie weet wat haatspraak is nie, is daar ander wat dit vir die wereld sal wys. Mooi so YouTube.

Voilet ·

Hoeveel boere in tussentyd vermoor agvdie lied???? Malema gaan hard boet as hy sterf en voor die Here verskyn

Danie ·

Ek wonder maar net die lied kom neer op uitloking en aanhitsing om boere en gesinne uit te moor.Ons sit met n groot probleem Cele en sy groep besoek of ondersteun nie boere.Sterf jy in n shebeen begrawe die staat jou?En wat van boere wat vir die land hul lewens opoffer.

TO ·

Dis wonderlik, ou vlag mag nie vertoon word, maar haatspraak is reg. Good for u utube, hoog tyd julle kry ‘n backbone

Swerwer ·

Natuurlik is dit haatspraak. Dit is net die Kommunis wat nie so sal dink nie. Jammer dat daar nie ‘n “delete” knoppie is wat gebruik kan word om die kommunis te verwyder nie

George ·

Kan net nie die video monetize nie…en hey YouTube, tog laat julle makbak toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.