‘ZANU-PF moet uit SA-verkiesing bly’

(Foto: ZANU-PF- en ANC vlag)

Verskeie politieke partye het Donderdag die Zimbabwiese politieke party, ZANU-PF, se deelname in die ANC se verkiesingsveldtogprogram in die aanloop tot die algemene verkiesing op 29 Mei ten sterkste veroordeel.

Solly Malatsi, nasionale woordvoerder van die DA, sê die ANC se uitnodiging aan die Zimbabwiese ZANU-PF-party om deel van sy verkiesingsveldtogprogram te wees, kom op politieke inmenging neer.

“Dit verloën die Verkiesingsgedragskode wat alle politieke partye belowe het om te handhaaf.

“ZANU-PF verdien nie eens om as waarnemer van die Mei-verkiesing op te tree nie. Dit is dieselfde politieke party wat herhaaldelik Zimbabwe se kieswette oortree om aan bewind te bly. Hulle het Zimbabwe tot in die grond in afgebrand en behoort nie eens naby aan een van dié belangrikste verkiesings sedert die begin van Suid-Afrika se demokrasie gebring te word nie,” sê Malatsi.

Hy sê die DA gaan ʼn amptelike klag by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) indien oor direkte politieke inmenging in die verkiesing en die moontlike skade wat dit aan die geloofwaardigheid van die uitslag kan aanrig.

“Ons kan eenvoudig nie toelaat dat ʼn buitelandse politieke party aktief ʼn partydige politieke agenda namens die ANC nastreef nie.

“Die DA sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat ZANU-PF nie by ons verkiesings inmeng nie. Ons sal seker maak die party word verhinder om enige rol te speel in die waarneming van die verkiesingsproses op 29 Mei.

“ZANU-PF het Zimbabwe se verkiesings al telkemale bedrieg, hulle sal dit nie hier in Suid-Afrika doen nie.”

Luidens ʼn verklaring van BOSA (Build One South Africa) word dit nou algemeen aanvaar dat ZANU-PF verkiesings in Zimbabwe betwis om homself te bevoordeel en om sy wanbeheer van die land voort te sit.

“ZANU-PF het vrees, intimidasie, geweld en onderdrukking van en teen die mense van Zimbabwe gebruik. Dit het ʼn outokratiese, outoritêre en onderdrukkende regime voortgesit, wat die demokratiese regte van Zimbabwiërs vertrap,” lui die verklaring.

“Dit is nie verbasend dat die ANC ʼn bedmaat van ZANU-PF is nie, aangesien hy net so desperaat is om aan sy mag vas te klou.

“Ons verwerp dit met die minagting wat dit verdien en wil vir ZANU-PF sê hulle is nie welkom in Suid-Afrika nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Nie Verbaas ·

Wat die ANC nie alles sal doen om aan mag vas te klou nie. Zanu PF se reputasie met verkiesings laat veel te wense oor.

Jannie ·

Wat bekommernis wek is dat die regering wil hê hul moet ‘n rol speel. Dit wys heel duidelik dat die anc NIKS omgee vir die landsburgers nie en als gaan oor eie gewin.

Manie ·

Zanu PF is waarskynlik hier om die komende verkiesings bedrog te fasiliteer.

Pieter ·

Is reg meng in, maar onthou net, ons kom vir ZIM ook. Ons vat alles terug.
Hoe voel die skoen nou?

Hendrik ·

En hier word dit weereens bewys van bedrog wat openlik gepleeg word. Kan die howe nie stop sit nie?

Witbaard ·

Zanu PF wil die ANC kom leer hoe om verkiesingsuitslae te kook.

Friedrich ·

Dis net soos die EFF wat in Zim was met hulle verkiesing.

Di ·

Die strategiee wat hierdie korrupte kaders nie sal aanwend om te verseker dat hulle in beheer bly nie, is skokkend. Die een groot skelm vra die ander groot skelm vir hulp. Zim se burgers is met die dood gedreig as hulle nie vir ‘n sekere party stem nie, DIT is seker wat Rampie hier ook wil doen. Die spul beter hier uitbly ander sien ek BAIE groot probleme tydens die verkiesing.

Theresa ·

Ek hoop en vertrou dat ander partye (veelparty koalisie) die DA heelhartig en luidkeels gaan ondersteun en intree, die tyd vir saamstaan het gouer gekom as wat enigiemand voorspel het..

OneWheel ·

Ek kon nog nooit verstaan hoe die OVK alle verkiesings sedert 1994 as “vry en regverdig”kon verklaar het nie, as ek luister na gewone mense se vertellings van intimidasie en geweld op grondvlak voor- en tydens elke verkiesing.

Lettie ·

Ek moes ook nee gestem het. Jammer daaroor. Nou na 30 jaar staan ons voor dieselfde keuse: geweld of vrede?

Papsak ·

Mooi so Pieter like jy praat daar baie waar bravo !!!!!!!!

minnie muis ·

dis afrika , as party sien hul verloor , dan kook jy syfers, wat zanu pf al jare lank doen , en sa wens hul elke keer geluk

Bolandse Nooi ·

Man, hier is meer Zimbabwiërs in SA as wat daar Zimbabwiërs in Zimbabwe is!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.