Zimbabwiër van bylaanval beskuldig

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Sam Mhlanga (28), ʼn onwettige immigrant wat aanvoer hy is van Zimbabwe, word daarvan beskuldig dat hy vier mense met ʼn byl aangeval het.

Twee van die persone, van wie een persoon sy oom is, het aan hulle beserings beswyk. Nog twee persone, onder wie ʼn baba, het beserings opgedoen.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, sê Mhlanga het Dinsdag in die Kwamhlanga-landdroshof verskyn op twee aanklagte van moord en twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak is tot 10 November uitgestel vir ʼn tolk. Mhlanga bly in aanhouding.

“Mhlanga het gister in die Tweefontein-landdroshof verskyn ná hy Sondag in hegtenis geneem is. Hy is aangekeer vir oortreding van die Wet op Immigrasie en dié saak is na 15 November uitgestel.”

Volgens inligting het Mhlanga sy oom op 31 Oktober by sy huis in Mountainview in Kwamhlanga besoek. Daar was ʼn woordewisseling en dit het tot die aanval aanleiding gegee. “Die verdagte het sy 60-jarige oom met ʼn byl aangeval. Hy het daarna na ʼn ander ligging beweeg en ʼn plaaslike vrou ook met ʼn byl aangeval. Sy het later in ʼn hospitaal ook aan haar beserings beswyk.”

Mhlanga het nóg ʼn vrou aangeval wat ʼn baba op haar rug gedra het. Tydens die aanval het die kind ook beserings opgedoen.

Die polisie is in kennis gestel en Mhlanga is in hegtenis geneem.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het beamptes geloof vir die inhegtenisneming om seker te maak dat hy nie enige verdere skade kan aanrig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shakespeare ·

Een van Mal emma se gedrogte wat hy in Suid Afrika wil hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.