Zimbabwiërs met 14 ongedokumenteerde kinders voorgekeer

(Argieffoto ter illustrasie: Pixabay)

ʼn Man en ʼn vrou van Zimbabwe is in hegtenis geneem vir beweerde kinderhandel nadat hulle vandeesweek met 14 ongedokumenteerde kinders tussen ses en 14 jaar oud in Kimberley in die Noord-Kaap voorgekeer is.

’n Oplettende passasier het reeds in Gauteng onraad vermoed nadat die twee Zimbabwiese burgers met agt jong seuns en ses jong meisies op ’n bus in Midrand geklim het. Die bus was vanaf Johannesburg na Kaapstad onderweg.

Die kinders het egter vuil en honger gelyk en het geen bagasie by hulle gehad nie.

Lt.kol. Tebogo Thebe, woordvoerder van die Valke, sê die oplettende passasier het ’n polisiebeampte, sers. Phumla Mpolokeng, wat nie in daardie stadium aan diens was nie, se hulp ontbied en Mpolokeng het weer ander kollegas vir verdere ondersoek in kennis gestel.

Die twee Zimbabwiërs is voorgekeer toe die bus in Kimberley stilgehou het.

Thebe sê die man (46) en vrou (41) het beweer dat hulle die kinders na hul ouers in Kaapstad neem. Die owerhede kon egter nie dié inligting bevestig nie en albei is in hegtenis geneem.

“Die slagoffers [kinders] is ondersoek en het vuil gelyk sonder enige bykomende klere of sakke. Hulle het ook honger gelyk.”

Thebe sê die polisie se reaksiespan vir mensehandel, onder leiding van die departement van maatskaplike ontwikkeling, is gekontak sodat die kinders by ʼn plek van veiligheid geplaas en ’n behoorlike maaltyd gegee kon word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kokerboom ·

Hierdie saam met 447 kinders by Beitbrug is oortjies van seekoei. “n Spesialis SAP eenheid moet op been gebring word om kinderhandel te ondersoek en uit te roei. Terselfdertyd moet Dr Motshoaledi en sy Dept aangetree word vir beter grensbeheer en klagte moet gelê word teen Zim Regering!

annie ·

Die kinders word Suid-Afrikaanse burgers en hul ouers volg in hul voetspore. Dit is die plan regoor die wêreld wat migrante volg. By ons is rubberbootjies nie nodig nie.

Anel ·

Hoop die kinders word terug gestuur. Hier is regtig nie nog plek vir hulle nie. En moennie sê ek is ongevoelig nie en dat dit net kinders is nie. Nee, baie van hulle is klein misdadigers wat op die ou end ons mense kom vermoor. Ons kan nie na hulle lande gasn en doen wat hulle hier doen nie. So stuur die hele lot terug dat hulle regetings maar plan maak.

Patch ·

Anel, die twee verdagtes is Zimbabwiërs, nêrens in die berig word melding gemaak dat die kinders van Zimbabwe afkomstig is nie. Dit kan net sowel Suid-Afrikaanse kinders wees wat vir mensehandel bestem was.
Vir die oplettende passasier…welgedaan, jy het 14 kinders van baie pyn en leiding gered.

Di ·

Wel die berig se duidelik “14 ongedokumenteerde kinders” wat sekerlik beteken dat hulle nie van SA is nie

Elize ·

Dit is so hartseer dat daar altyd mense is wat sulke dinge goed praat. Hierdie kinders word van Zimbabwe ingevoer om ons land oor te vat. Kom by Patch en hou op om verskoning te soek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.