Zuma moet voor ANC-tugverhoor verskyn

Oudpres. Jacob Zuma.(Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma moet Dinsdag voor ʼn dissiplinêre komitee van die ANC verskyn.

Zuma, eens ʼn stoere ANC-ondersteuner, is deesdae die gesig en leier van die uMkhonto we Sizwe-party (MKP). Die oudpresident word daarvan beskuldig dat hy die ANC-grondwet oortree het deur sy steun aan ʼn ander politieke party te gee.

Die MKP het die brief, waarin die regerende party die “aangeklaagde lid” vir ʼn dissiplinêre verhoor ontbied, Donderdag op sosiale media gedeel. Die verhoor word by Luthuli-huis, die ANC se hoofkantoor in Johannesburg, gehou.

Nhlamulo Ndhlela, MKP-woordvoerder, het aan Newzroom Afrika gesê ingevolge die handves van regte kan Suid-Afrikaners vir enige party stem en stemme werf – en dat Zuma dit in hierdie geval vir die MKP doen soos sy goeie reg is.

Ndhlela sê ook hulle sal saam met Zuma gaan wanneer hy voor die komitee moet verskyn om te “verseker hy word beskerm”. Hy het onder meer verwys na “dreigemente” soos die motorongeluk waarin die oudpresident ʼn ruk gelede betrokke was.

“Ons kan nie die ANC vertrou nie. Ons doen dit nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johannes ·

Wat n klug. Wie probeer hulle bluff. Einde van dag stem almal saam

Andries ·

Hoop sy kwynende gesondheid hou nog tot dan…
Hy het seker ook ni di ANC se grondwet gelees ni!

Mariana ·

Ek stem hond vreet hond. Pasop vir hulle oëverblindery. Geen ANC hoë het al ooit betaal vir hul wandade nie, sal ook nooit. Zuma lag vir hulle soos hy met die regstelsel ook doen.

Cherokee ·

As hy opdaag, sal hy laat wees. Afrika tyd. Makisaki, want diè wat hom ontbied het, sal ook laat wees vir hul vergadering.

Republikein in die Wes Kaap ·

Zuma sal seker vir die tugkomitee sing en dans. Dan is alles reg.

Ore ·

Hy respekteer nie eers die howe nie, wat is die kans dat hy hom aan sy kaders sal steur. Hulle wat hom tot die dood toe beskerm het maak nou die meeste lawaai. ANC moet dalk inskryf vir Aardklop produksie, dit sal ‘n skreeusnaakse opvoering wees….lees chaoties

Di ·

Wens die ou man wil ook net gaan! So moeg vir al sy stories, hy moet op pensioen gaan. Hy is regtig soos Robert Mugabe waarvan jy nie ontlae kan raak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.