Zuma-saak weer uitgestel

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n vroeëre verskyning n die hooggeregshof in Pietermaritzburg. (Foto: Jerome Delay/AFP)

Die korrupsiesaak teen oudpres. Jacob Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales is Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg opnuut tot ʼn volgende datum uitgestel.

Dit sal voorlopig op 17 Oktober hervat word.

Die saak is in Mei ook uitgestel sodat die appèlhof ʼn besluit kon maak oor Zuma se aansoek dat adv. Billy Downer, staatsaanklaer, hom aan die saak onttrek. Zuma voer aan Downer is bevooroordeeld.

Die appèlhof het intussen hierdie aansoek van die hand gewys en Zuma het hom tot die Konstitusionele Hof gewend.

Regter Piet Koen het die verrigtinge Maandag uitgestel sodat die land se hoogste hof nou uitspraak in die saak kan lewer.

Die oudpresident was nie vandag self in die hof nie. Hy staan tereg op verskeie aanklagte van onder meer bedrog, rampokkery en geldwassery in ʼn saak wat verband hou met die staat se omstrede wapenaankooptransaksie. Hy het vantevore al onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Suzette ·

Belaglik!!! Hierdie skepsel gaan NIKS oorkom nie – ons moet maar begin berus. Hoop altyd daar kan ‘n “kinkel in die kabel” kom om geregtigheid te laat geskied, maar helaas……

Chris dupreez ·

En so sal hy aanhou om die tronk te ontduik. Ons kan maar hoop dat hy ten minste in n oranje oorpak begrawe sal word.

Perdeby ·

Oktober sal dit weer uitgestel word. So sal dit aangaan tot die dag wat hy sy kop neer le 6 voet onder die grond. Tronk toe sal hy nie gaan nie, en so ook al die ander kaders van die ANC

Nettie ·

En hierdie is hoekom God gese het HY sal die afrekening doen. Hy’t geweet ons gaan magteloos moet toekyk hoe daar geen, maar geen geregtigheid meer sal geskied nie. Dis ‘n vreesaanjaende ding om in die Hande van die Lewende God te beland, mnr Zuma. Ek sou my kanse eerder maar met ‘n Suid-Afrikaanse hof geneem het. Maar dis u keuse. Geregtigheid kan NIE ontsnap word nie. Selfs al haal dit ‘n mens in die hiernamaals in.

Kobus ·

Nee , Zuma maak nie ‘n bespotting van die regstelsel nie, hulle doen dit self. Die regters is skynbaar versigtig om sy regspan vas te vat. Mpofu het mos reeds gewaarsku dat hulle nie verlede jaar se onluste moet vergeet nie.

KatjieDeKat ·

Ek stem saam, dis nie Zuma nie, dis die regstelsel. Ek twyfel uiters sterk dat hy in n ander land soveel eindelose uitstel sou gekry het!

Marius ·

20 jaar later en nogsteeds word dit uitgestel.
Nog n paar maande sal seker nie saak maak nie , wat n groot grap op die die NVG.

pompies ·

Laat regter Raymond Zondo die saak oorneem en hom verhoor want dit lyk of Piet Koen bang is en wil weghardloop.

Casper ·

Al sy appéle het misluk.Hierdie een is sy laaste een dan moethy pa staan vir sy gierigheid.

Hans ·

Die ou skelm gaan nog heel wegkom met al sy skelmstreke. Kyk maar mooi, Oktober is daar n nuwe truuk

Nie Verbaas ·

En die grap van n regstelsel stoom voort. Ons land is sekerlik die grootste grap in die buiteland. En ons geagte hooggeplaasdes dink hulle is die kat se snor maar eintlik is hulle onbevoegde narre.

dada ·

Moet daar nie ‘n beperking wees op hoeveel keer jy appèl kan aanteken nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.