Zuma sal wel weer voor kommissie verskyn

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Foto: AP)

Oudpres. Jacob Zuma het hom Vrydag eers aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping onttrek voor hy later ingestem het om in ʼn latere stadium sy getuienis voort te sit.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het tussenbeide getree om die geskil tussen Zuma se regsverteenwoordiger en adv. Paul Pretorius, die getuienisleier, op te los nadat adv. Muzi Sikhakhane, vir Zuma, gedreig het om sy kliënt te onttrek.

Sikhakhane het selfs gedreig om die hof te nader rakende die onregverdige behandeling wat sy kliënt volgens hom van die kommissie ontvang het.

Zondo het bekend gemaak dat die partye ooreengekom het om die dokumente wat die omvang van getuienis aandui en waaroor daar vrae gevra sal word aan Zuma te oorhandig.

“Die besluit dat die voormalige president nie meer deelneem nie, word teruggetrek. Ek is meegedeel dat mnr. Zuma aangedui het hy wil voortgaan om sy samewerking aan die kommissie en die regspan te gee. Daar is ook ooreengekom oor die manier waarop mnr. Zuma se kommer aangeraak sal word.

“Die regspan sal aan mnr. Zuma se regspan aandui wat hul belangstelling in elke getuie se beëdigde verklaring is en mnr. Zuma se span sal daarna ʼn verklaring verskaf oor wat hy oor elke getuieverklaring te sê het.

“Dit sal help aangesien elke getuie ʼn aantal kwessies aanraak. Mnr. Zuma en die kommissie se onderskeie regspanne sal binne die volgende twee weke byeenkom en die dokument verskaf rakende waaroor mnr. Zuma getuienis moet lewer.”

Zuma het Zondo bedank vir sy bystand om ʼn oplossing te vind. Hy het ook gesê dit was nie sy bedoeling om die kommissie met sy bekommernisse te ontwrig nie.

“Ek dink dit is enigiemand se reg om knelpunte aan te raak indien daar is. Ek dink dit is in ons almal se belang om die kwessies aan te raak wat die land in die gesig staar.”

Die kommissie sal Maandag getuienis aanhoor rakende die Estina-suiwelprojek in die Vrystaat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

Zuma is nou hipergevoelig. ‘n Regte kruidjie-roer-my-nie. Dit is interessante speletjies wat hy tans speel. Hy is enige sielkundige se droom….

Dorie ·

Werklik?, sodat dit weer in n sirkus ontaard?, van dag 1 af het sy regspan met n baklei houding ingestap, dis eintlik pateties om te sien hoe hulle oor alles kerm en kla. Kan nie onthou nie kanni onthou nie, werklik, en ons moet dit glo?

Willehond ·

Dorie hy sal ook nooit onthou nie. Hy kan nie bekostig om te onthou nie. Hulle kan maar die kommissie ontbind want daar gaan vere van kom. Spaar ons belasting betalers baie geld

John ·

… volgens hom, by sy vertoning na die kommissie-sitting, het hy glo gesè dat hy slegs op sy terme terugkeer. Nou kan hy mooi verklarings uitdink vir elke vraag… Zuma draai die voorsitter om sy pinkie. Die gebeure rondom die OB se diepsinnige wyshede tov CR het in dieselfde tyd uitgespeel… interessant dat Zuma toe skielik besluit het hy sal nou weer saamspeel. Sy stres het skielik die wyk geneem en sy grootste selfbeeld geskitter voor sy aanhangers wat sy elke woord ingeadem het. Zuma is weer in sy element…

Johann cb ·

Hy geniet hierdie kat-en-muis-speletjie! Alle aandag word op hom gevestig!

BlinkStephaans ·

Ek hou by wat ek gesê het… hy kan maar ñ maand lank ook getuig… hy gaan geen inligting gee wat van waarde is… niks… maar dan het hy sy deel gedoen. Dit gaan kos hom in n hof kry… met onweerlegbare getuienis en getuies wat nie bang is vir die spel agter die skerms nie… om hierdie oom en sy gevolg te bêre.

Johan ·

Zuma sal voor die kommissie verskyn op voorwaarde dat hulle hom net nie die vrae vra wat hy nié wil antwoord nie.

Sarie ·

Foeitog, dis nou hoe ‘n mens ‘n minderjarige sal behandel!

Grobler Steyn ·

Zuma is ongelleterd maar n briljante skaakspeler ,n politieke straat vegter,en n sosiopaat, daar is agter skerms n deal gemaak wat hom pas om sekere politieke heiliges heilig te hou want die koning is nog steeds kaal

Cherokee ·

Vergeet dit. Die skaakstukke word rond geskuif op daardie bord deur die advokate en Zuma se advokaat is besig om desperaat te raak. Zuma is slegs ‘n onwillige deelnemer wat aangesê word watter skuiwe om te maak. Maar Pretorius dwing hom in ‘n ander rigting as wat sý skaak-instrukteur voorstel.

Moenieklanie. ·

Net om weer die belasting betaler se geduld te beproef en mense kwaad te maak.
Ek hoop hierdie keer sal hy n pilietjie drink om sy geheue terug te bring. Hy kan dan niks onthou nie. Ontwykend en onbetroubaar. Weet die honorebill comrade wat op hom wag?
Arme arme verlorene.

se net! ·

Wil nie deur n wit man ondervra word nie!
Dis alles maar net oor adv. Paul Pretorius!

fred ·

ja het dit ook opgemerk…sy regsverteenwoordiger kla dat Pretorius hom “lecturer” en skynbaar “paternalistic” is….
Hulle is so hipersensitief as dit by wittes kom…..big chip on their shoulders….

Johan ·

Hy maak ‘n sirkus van die kommissie. Dis beter dat hy uitsit. Al wat hy probeer doen is om te maak asof hy die slagoffer is en om sy teenstaanders onder verdenking te bring. Verder ontken hy alles of het hy kwansuis “vergeet”. This

hercu ·

niemand is so blind soos die een wat nie wil sien nie en niemand so doof soos die een wat nie wil hoor nie

tipiese narsistiese hipokraat – sê eending en doen presies die teenoorgestelde, lieg so dat hy homself glo!

Andre ·

Onthou hy is onder eed, maar hy kan nie die waarheid praat nie want dan word hy voor die hof gedaag. Daarom kan hy nie anders as om nie te onthou nie of net nie te weet nie.

Oom Johan ·

Kry die kerk om vir Zuma te bid. Net nou die dag het die NG Kerk vir Malema omhels en bebid. Hy’s mos ons nuutgevonde naaste, so, laat die kerk hom ook bebid, dit mag dalk sy voorvadergeeste ontstel, maar dan het ons kerke mos hul deel gedoen……

John ·

Wie het ook opgemerk dat die krapperigheid in keel en keelskoonmakery saam met die “flue” verdwyn het wanneer die comrades van die podium af toegespreek word he-he-heee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.